Carlo Scarpa: Italiaanse argitek

Carlo Scarpa (* 2 Junie 1906 in die sestiere Dorsoduro, Venesië; † 28 November 1978 in Sendai, Japan) was 'n Italiaanse argitek wat as een van die voorste verteenwoordigers van organiese argitektuur in Italië beskou word - 'n stroming binne die moderne argitektuur wat sterk deur Frank Lloyd Wright beïnvloed is.

Met sy werksaamheid as dosent, maar veral sy ontwerpe en projekte, waarin lig 'n besondere rol gespeel het, het Scarpa beslissende invloed op 20ste eeuse argitektuur uitgeoefen.


Carlo Scarpa

Carlo Scarpa: Italiaanse argitek

Italiaanse argitek en ontwerper


Skool
Moderne Internasionale Argitektuur


Beduidende projekte

Castelvecchio-museum in Verona (restourasie)

Carlo Scarpa: Italiaanse argitek


Olivetti-toonlokaal in Venesië




Brion-grafmonument in San Vito d'Altivole, Treviso


Ontwerpkuns

Glaskuns vir Paolo Venini (1932−1947)

Carlo Scarpa: Italiaanse argitek


Opvallend is die aandag wat Scarpa selfs aan kleinste besonderhede geskenk het, en die noukeurigheid waarmee hy die boumateriale vir sy projekte gekies het. Rigtinggewend vir die moderne argitektuur was die manier waarmee hy nuwe elemente by bestaande historiese geboue gevoeg het.

Onder Carlo Scarpa se belangrikste werke word die Castelvecchio-museum in Verona, die Olivetti-toonlokaal (Negozio Olivetti) in Venesië, en die Brion-grafmonument (Tomba Brion) in San Vito d'Altivole (provinsie Treviso) gereken. Ewe belangrik is meer as vierhonderd glaskuns-ontwerpe wat Scarpa tussen 1927 en 1947 gedurende sy werksaamheid vir die Venesiaanse glasblaserye van Giacomo Cappellin en Paolo Venini te Murano geskep het.

Carlo Scarpa het op 28 November 1978 aan beserings beswyk wat hy tien dae tevore tydens 'n val op 'n betontrap in Japan opgedoen het. Sy seun Tobia (* 1935) het in sy pa se voetspore gevolg en hom as argitek en ontwerper bekwaam.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

190619782 Junie28 NovemberFrank Lloyd WrightItaliëJapanSendaiVenesië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KindersiektesKaapstadWet op NaturellengrondGlasHindoeïsmeSwart menseLiefdeKlavierVakbondBeaufortskaalSpringbokkeSkynprivaatnetwerkSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SmeltpuntTwaalf Stamme van IsraelAfrikaanse WikipediaAntisemitismeHidroëlektrisiteitDesmond TutuHaasHadedaByMaanMaagsweerLika BerningVulkanismeNag van die lang messeSonGautengMartin Luther King jr.AntoniemLys van Suid-Afrikaanse musikanteKlimaatLugbesoedelingNederlandVolhoubare ontwikkelingOrale seksBernice WestWater (molekuul)BreinGeldDuitslandGeskiedenis (vakgebied)SikloonAardverwarmingLieweheersbesieNierDie Stem van Suid-AfrikaAfrikaansTweede WêreldoorlogKurt-Lee ArendseAardeMantisYouTubeLys van Suid-Afrikaanse skrywersSinkXenofobiePeriodieke tabelAndrew DavisSokkerBlack SashVerkoueKerrieRooikatSwartkwasmuishondSteve BikoLys van slangeDoopAgtervoegselOm-te-infinitiefkonstruksieDonderstormGoogleSwangerskapOopbroninhoudSeksTekstielKoerant🡆 More