Boerak

Boerak (Arabies: البُراق, al-Burāq, weerlig) is in die Islamitiese mitologie ’n ros van die hemel wat profete vervoer het.

Hy is die bekendste daarvoor dat hy Mohammed op sy Nagreis van Mekka na Jerusalem vervoer het en daarna na die hemel.

Boerak
’n 17de-eeuse uitbeelding van Boerak.

Beskrywing

In kunswerke van die Nabye Ooste en Persië word Boerak amper altyd met ’n menslike gesig uitgebeeld. Geen hadit of vroeë Islamitiese verwysings dui egter daarop dat hy ’n menslike gesig gehad het nie. Dit kom moontlik van die verkeerde vertaling van Arabiese tekste in Persies waar die ros beskryf word as "’n wese met ’n pragtige gesig". Volgens die Islamitiese geloof kon Boerak so ver spring as wat hy kon sien.

Die Nagreis het volgens Moslems in die 7de eeu plaasgevind, 10 jaar nadat Mohammed ’n profeet geword het. Mohammed was in die Al-Masdjid al-Haram toe Gabriël met Boerak aan hom verskyn. Mohammed het op die ros na die "Verre Moskee" gereis – daar word geglo dit is die Masdjid al-Aqsa in Jerusalem. Hierna het Boerak hom na die sewe hemele geneem, waar hy Allah en verskeie profete ontmoet het, onder andere Ibrahim (Abraham), Moesa (Moses), Johannes die Doper en Isa (Jesus). Hier het hy opdrag gekry dat Moslems vyf keer per dag moet bid. Boerak het Mohammed daarna teruggeneem na Mekka.

In die Koran word kortliks van die Nagreis vertel:

Heilig is Hy wat Sy dienaar by nag, van die Heilige Moskee vervoer het na die Verre Moskee, waarvan Ons die omgewing geseën het, sodat Ons aan hom Ons tekens kon wys! Voorwaar, Hy is die Allerhorende, die Allessiende.

– Koran, Soera 17:1

Hadit-geskrifte gee meer besonderhede oor die reis.

Volgens die Arabiese Moslemhistorikus Ibn Ishaq het Boerak Abraham vervoer wanneer hy sy vrou Hagar en seun Ismael besoek het. Volgens dié tradisie het Abraham by sy een vrou, Sara, in Sirië gewoon, maar Boerak sou hom soggens na Mekka bring om sy gesin daar te besoek en hom saans terugneem na Sara.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArabiesIslamitiese mitologieJerusalemMekkaMohammedNagreis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Blackie Swart (sanger)SpinnekopBeesvleisKaapstadKontinentBlaarDriedimensioneelGordelroosDoelwitSigaretBeroerteMangaanWaterbesoedelingKimberleySoortnaamWaarheid-en-versoeningskommissieVoortrekkermonumentErosietipesWaterpokkiesNul is nie niks nieAntoniemBoeddhismeEerste WêreldoorlogBeesHoek (meetkunde)Geskiedenis van erotiese afbeeldingsLimpopo (rivier)WinterMiddelmisbruikGalileo GalileiAfrikanersMiljardApostelOorkruipersBloukraanvoëlLys van hoofstedeNierversakingBesoedelingSportItaliëFrankrykWerkersdagSharpeville-slagtingPenisverlengingSosiale transformasieWikipediaChris BlignautRassismeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaHolocaustTrappe van vergelykingKennisEngelsBywoordKartografieLeeuSprokieMoedersdagReënspinnekopVeelrassige pornografieOrlando, FloridaSias ReineckeDokterSmolenskWortelSenegalSeksuele penetrasieLys van landeMutasieVeeartsJohn Brown (aktivis)🡆 More