Blou-Nyl

Die Blou-Nyl (Amharies: ዓባይ, ʿAbbay, Arabies: النيل الأزرق, an-Nīl al-Azraq) is die tweede grootste sytak van die Nylrivier in Afrika.

Dit is saam met die Wit-Nyl een van twee bronriviere van die Nyl. Ofskoon sy gemiddelde afloop groter as dié van die Wit-Nyl is, word die Blou-Nyl as grootste sytak beskou en nie as gelykwaardige bronrivier nie, terwyl die Wit-Nyl as die Nylrivier se hoofloop beskou word.

Blou-Nyl
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Die Blou Nyl-waterval (Tis Issat) naby die Tanameer, Ethiopië.
Blou-Nyl

Die stroomgebied van die Wit- en Blou-Nyl.

Oorsprong Klein-Abayrivier/Tanameer, Ethiopië
Ethiopiese Hoogland
Monding Saamvloei met die Wit-Nyl naby Khartoem, Soedan
Stroomgebied Ethiopië en Soedan
Lengte 1 450 km
Oorspronghoogte 2 744 m
Mondinghoogte 380 m
Gemiddelde afloop 2 349 m³/s
Stroomgebiedopp. 325 000 km²
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika.
Kaart van die Blou-Nylbekken in Afrika.
Blou-Nyl
Saamvloei van die Blou- en Wit-Nyl naby Khartoem
Blou-Nyl
Satellietbeeld van die Blou- en Wit-Nyl se saamvloei naby Khartoem

Die naam van die rivier is 'n onakkurate vertaling van die Arabiese woord Azraq, wat sowel "blou" as "donker" beteken. Die donker kleur van die Blou-Nyl word deur die groot hoeveelheid fyn, korrelrige grondmateriaal veroorsaak wat uit die Ethiopiese Hoogland meegevoer word.

Die Blou-Nyl ontspring in Noord-Ethiopië suidoos van die Tanameer, vloei 800 km deur Ethiopië en 650 km deur Soedan, waar die Blou-Nyl net suid van Khartoem met die Wit-Nyl saamvloei. Belangrike stede aan die rivier is Bahri, Khartoem en Omdoerman.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansBlou-Nyl  Wiki Commons het meer media in die kategorie Blou-Nyl.
  • (en) "Blue Nile River". Encyclopædia Britannica. Besoek op 26 April 2019.

Tags:

AfrikaAmhariesArabiesNylrivierSytakWit-Nyl

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OopbroninhoudTandbederfDoziSaartjie BaartmanPlae van EgipteAsiëLangste woordLiewe HeksieE-posAkkedisKlinkerStadJagluiperdKamoefleringKalsiumSinsbouKoue OorlogZack du PlessisMIVNieuwoudtvilleGesondheidHoenderBalletAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeTaalFotosinteseGoogle TranslateBernice WestKaapstadse waterkrisis 2015-2018BreedtegraadDeelwoordViëtnamoorlogKoperWerkwoordVaalrivierRacheltjie de BeerKlimaatWapen van Suid-AfrikaKnysnaNatriumtiosulfaatLien se lankstaanskoeneKlem-in-die-kaakSamestellingKatoenNaaldekokerToekoms van die AardeBreinMagnetismeAssonansieMorfologie (taalkunde)Politieke partyKernoorlogSonnestelselReënspinnekopLeestekenGrondDroomKrokodilWiskundeElana AfrikaBateBolandse aardbewing van 1969BloedvergiftigingResensieShakaVlinderTierVrouFrankrykHoofstadGriepGeografie van Suid-AfrikaVoëlRuslandBy🡆 More