Bloedsuiers is die eerste Afrikaanse vampierrolprent.
Wat die rolprent verder uniek maak is dat dit gehoorbefonds is. Dit beteken dat lede van die publiek finansiële bydraes kan maak sodat die rolprent vervaardig kan word.
Bloedsuiers | |
---|---|
Regisseur | Jon Day |
Produksieleier | Benjamin Cowley Anton Rollino |
Draaiboek | Draaiboek: Darron Meyer, Tyrel Meyer |
Met | Darron Meyer Tyrel Meyer Inge Beckmann Rob van Vuuren Porteus Xandau Francois van Coke André Roothman |
Uitgereik | 2011? |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans/Engels |
Amptelike webtuiste |
Die storie gaan oor die sogenaamde bloedsuiers wat al van Jan van Riebeeck se dae af hier in Suid-Afrike ronddwaal. Dan vang twee aspirant-vampierjagters in die hedendaagse Kaapstad per ongeluk een van dié bloedsuiers.
Daarna reis hulle na die Klein-Karoo om die bose en bloedsuiende prins, bekend as Wyker, op te spoor en van kant te maak. Sodoende vervul hulle ’n eeue oue profesie. Die enigste probleem is dat dié profesie bekend is onder die vampiere en Wyker dus weet hulle is op pad.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bloedsuiers (rolprent), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.