António De Saldanha: Portugese seevaarder

António de Saldanha was 'n Portugese seevaarder in bevel van die vlooteskader wat in 1503 van Lissabon na die Ooste gestuur is.

Hy is die eerste Europeër wat in Tafelbaai anker gegooi het en het Tafelberg sy naam gegee. Hy was waarskynlik die eerste blanke wat Tafelberg uitgeklim het deur die Platteklip-roete te volg. Tafelbaai is meer as 'n eeu lank die Watersuipplek van Saldanha genoem en later is die naam oorgedra na die huidige Saldanhabaai.

Biografie

In 1503 het koning Emmanuel I van Portugal drie vlote beveel om die ingang na die Rooisee te verken, Arabiese handelaars te stuit en dan na die Indiese Eilande te vaar. Die vloot onder leiding van De Saldanha het die ander aan die Kaap die Goeie Hoop uit die oog verloor en in Tafelbaai vasgemeer. Daar het hy Tafelberg, wat hy na sy plat top genoem het, uitgeklim om die ligging van hoër af te bepaal. Ná die afklim is die Portugese deur sowat tweehonderd Khoikhoi aangeval, maar De Saldanha het daarin geslaag om met geringe beserings te ontsnap en sy vaart te hervat.

Tafelbaai was vir ongeveer 'n eeu daarna bekend as Saldanhabaai. In 1601 het die Nederlandse seevaarder Joris van Spilbergen na die hedendaagse Saldanhabaai gevaar en, met die veronderstelling dat hy by vandag se Tafelbaai was, die baai Saldanhabaai genoem. Sedertdien het hierdie naam in gebruik gebly en die oorspronklike Saldanhabaai is na Tafelbaai herdoop. Die dorp Saldanha op hierdie baai is ook vernoem na die navigator.

Bronne

  • Mazery, Paul A.S.: Antonio de Saldanha in Southern Africa 1503 - 1512. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 21, nr. 3, Maart 1972
  • Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
  • João de Barros (1552–59) Décadas da Ásia: Dos feitos, que os Portuguezes fizeram no descubrimento, e conquista, dos mares, e terras do Oriente.. Vol. 3 (Dec. II, Lib.1-5)
  • Gaspar Correia (c. 1550s) Lendas da Índia, first pub. 1858-64, Lisbon: Academia Real de Sciencias Vol. 1;
  • Fernão Lopes de Castanheda (1551–1560) História do descobrimento & conquista da Índia pelos portugueses [1833 edition] Lib 1, Ch. 55
  • Frederic Charles Danvers (1894) The Portuguese in India, being a history of the rise and decline of their eastern empire. 2 vols, London: Allen.
  • Theal, G.M. (1902) The Beginning of South African History. London: Unwin.
  • https://www.sahistory.org.za/place/agoada-de-saldanha
  • https://enacademic.com/dic.nsf/enwiki/10932040 Geargiveer 7 April 2020 op Wayback Machine
  • http://southafrica.co.za/history-cape-good-hope.html

Verwysings

Tags:

EuropaLissabonSaldanhabaaiTafelbaaiTafelberg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonkragBipolêre gemoedsteuringGroot GatDuitse maselsMoskouShanzhaiFranse RewolusieAfro-AmerikanersSlimfoonJohnny RapidKoerantMusiekBeeldspraakMensKletsrymChromatografieTrigeminale neuralgieKonsentrasiekampSekondêre sektor van die ekonomieVioolWaterstofSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeBloukraanvoëlGoogle TranslateBeurtkragRookgewoonteWaterbesparing in Suid-AfrikaSkaapVrouSlag van BloedrivierMynbouMaatskaplike verantwoordelikheidKlereDramaGreen PornoEjakulasieMielieAardverwarmingPolisie20ste eeuKoppeltekenOntdekking van die chemiese elementeSlangKnysnaToerismeDrinkwatervoorsieningJagluiperdHolocaustHoofstadLongontstekingDepressie (gemoedstoestand)Politieke partyElektroniese of digitale mediaMonopolyNag van die lang messePubliekNazi-DuitslandVaginale kankerJeugdagRobert SobukweBetonNiersteenMorfeemCeresAngolaWêreld- Ekonomiese ForumNagmaalAssonansieOlifantSosiale mediaGroot-VisrivierLys van medisinale kruieSportHoofkarakter🡆 More