Andrew Hofmeyr

Ds.

Andrew Murray Hofmeyr (Murraysburg, 15 Junie 1866 – Elladale, distrik Greytown, 21 Februarie 1936), was ’n sendeling en dosent.

Andrew Hofmeyr
Andrew Hofmeyr.
Andrew Hofmeyr
Mev. Isabella Hofmeyr, weduwee van ds. Jan Hendrik Hofmeyr van Somerset-Oos en haar vyf seuns wat predikant geword het: Andrew Murray (geb. 15 Junie 1866), Charles Murray (geb. 1876), Johannes Wynand Louw (geb. 19 Julie 1878), John Murray Hofmeyr (geb. 6 April 1871) en George Wilhelm Stegmann (geb. 11 November 1882).
Andrew Hofmeyr
en mev. Hofmeyr, omstreeks 1909.

Andrew Hofmeyr was die derde van die twaalf kinders van ds. Jan Hendrik Hofmeyr, predikant van Murraysburg en Somerset-Oos, en sy vrou, Isabella Murray, dogter van ds. Andrew Murray, die oue. Hy verwerf die B.A.-graad aan Gill-kollege, Somerset-Oos, en ontvang sy teologiese opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch.

Aan die einde van 1893 word hy as predikant van die NG Kerk gelegitimeer en op 14 April 1894 op Somerset-Oos georden om sendingwerk onder die Zoeloes in die omgewing van Greytown, Natal, te gaan doen. Een van sy belangrikste take was die opleiding van evangeliste op Emandhleni. Hiervandaan word hy beroep as die eerste direkteur van die Stofberg-gedenkskool, wat op 1 Oktober 1908 naby Viljoensdrif geopen is vir die opleiding van swart leraars, evangeliste en onderwysers. Die inrigting begin op 'n beskeie skaal, maar brei onder Hofmeyr se leiding bestendig uit. Dit het sy naam gekry ter ere van ds. Pieter Stofberg, sendeling op Mochudi in Betsjoeanaland van 1898 tot sy dood in Junie 1907, sowat 'n jaar nadat hy op die Kaapse Sinode 'n kragtige pleidooi vir die oprigting van so 'n onderwysinstelling gelewer het.

Ná 36 jaar in die amp tree hy aan die einde van 1934 af en vestig hom naby Greytown. By sy aftrede het 26 leraars, 171 evangeliste en honderde onderwysers reeds hul opleiding aan sy inrigting voltooi.

Hofmeyr is in 1894 met Phoebe Home Stroebel (1866–1924) getroud en in 1927 met die weduwee Millie Nel. Uit die eerste huwelik is vier kinders gebore. Een van die seuns, ds. Henry Murray Hofmeyr, het Hofmeyr as direkteur van die Stofberg-gedenkskool opgevolg.

Hofmeyr was 'n vrome, beskeie en liefdevolle mens wat sy taak met besonderse ywer en toewyding verrig het. Onder die swart mense is hy as 'n ware geestelike vader beskou en was gelief en gerespekteer.

Bronne

  • (af) Hofmeyr, W. Lou(w); Hofmeyr, Nico J.; Hofmeyr, S.M.; Hofmeyr, George S.; Hofmeyr, Johannes W. (samestellers). 1987. Die Hofmeyrs: 'n Familiegeskiedenis. Lynnwoodrif en Bloemfontein: Die Samestellers.

Tags:

15 Junie1866193621 FebruarieGreytownMurraysburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerslankingWikiWoordeboekSean CombsRadioNasionalismeHadjWortelBernice WestLys van bekende Suid-AfrikanersBlaaskankerAardverwarmingRobin WilliamsBridgestoneNoot vir NootBelastingPadtekens in Suid-AfrikaJan Bloukaas1991Lys van Afrikaanse televisiereekseTuisbladChristo WieseHTMLAfrikaanse TaalmonumentDiepfopRamadanAkkedisApokriewe boekeSias ReineckeFrederik Willem de KlerkAngkor WatRegSangkunsLord’sAnglo-BoereoorlogReënspinnekopAfrikaanse woordelys en spelreëlsSeksuele stimulasieSkerpioenVersamelnaamWatervervoerPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaBybelEmily HobhouseLandbouKonsentrasiekampHartversakingFilosofieTropiese sikloonSwangerskapSeksualiteitLewerSteenkoolMantis2001LikkewaanGekkedagKeelseerMarga van RooyBoereAngolaKrieketBreingewasHentiesbaaiInternetMensEkologieLys van persone in die Bybel2024 Japannese Grand PrixVolksbevrydingsleërGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHidroponikaGrondSkilpadJohan StemmetRatel🡆 More