Alfred Ernest Gray Trollip (16 Julie 1895 - 12 Maart 1972) was 'n Suid-Afrikaanse advokaat en politikus.
Alfred Ernest Trollip | |
Persoonlike besonderhede | |
---|---|
Gebore | 16 Julie 1895 Johannesburg |
Sterf | 12 Maart 1972 (op 76) Pretoria |
Professie | Advokaat en politikus |
Hy was vanaf 1938 lid van die Verenigde Party totdat hy in 1961 by die Nasionale Party aangesluit het. Hy was 'n lid van die Transvaalse Provinsiale Raad en 'n LV vir die kiesafdeling Brakpan (1938–1953) en kiesafdeling Bezuidenhout (1953–1958).
Hy was die administrateur van die provinsie Natal van 1958 tot 1961. Vanaf 1961 was hy 'n lid van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika vir die Nasionale Party. In die Tweede kabinet van Hendrik Verwoerd was Trollip minister van immigrasie en indiensneming (1961–1966) en minister van immigrasie en Indiërsake (1966–1968) in die kabinet van John Vorster.
Alfred Ernst Trollip, 'n afstammeling van Britse immigrante wat in 1820 geëmigreer het, studeer aan die Universiteit van die Witwatersrand nadat hy in Johannesburg skoolgegaan het. Hy was aanvanklik lid van die Verenigde Party (VP), waarvoor hy verkies is tot lid van die Tranvaalse Provinsiale Raad. In die verkiesing van 18 Mei 1938 word hy vir die eerste keer verkies as lid van die Volksraad van Suid-Afrika vir die VP en verteenwoordig die kiesafdeling Brakpan. Terselfdertyd het hy 'n nagraadse kursus in geskiedenis aan die Universiteit van die Witwatersrand voltooi, waar hy in 1947 'n MA in geskiedenis behaal met 'n proefskrif oor die premier van die Suid-Afrikaanse Unie, Barry Hertzog, wat vanaf 1924 tot 1939 aan bewind was. Dit is getiteld "Die eerste fase van Hertzogisme".
In die algemene verkiesing van 15 April 1953 word hy herkies as parlementslid in die kiesafdeling Bezuidenhout, wat hy verteenwoordig het tot die algemene verkiesing op 16 April 1958. Daarna volg hy Denis Gem Shepstone op as Administrateur van die provinsie Natal in 1958 en beklee hierdie amp tot November 1961, waarna Theo Gerdener hom opvolg.
In 1961 verlaat Trollip die Verenigde Party en sluit aan by die Nasionale Party (NP) as lid van die Senaat. Tussen 8 Oktober 1961 en 30 Maart 1966 beklee hy die pos as Minister van Arbeid in die Verwoerd I-kabinet. Sy aanstelling, asook Frank Waring s'n as Minister van Inligting, word vertolk as 'n toenadering van premier Hendrik Verwoerd tot die Engelssprekende bevolking. In die volgende kabinet, Verwoerd II, dien hy van 1 April 1966 tot 6 September 1966 as Minister van Immigrasie en Minister van Indiërsake. Hy neem ook hierdie funksie oor in die Vorster I-kabinet wat gevorm is na die sluipmoord op Verwoerd op 13 September 1966. Na 'n kabinetskommeling word hy in 1968 deur Connie Mulder as minister van immigrasie vervang, terwyl Frank Waring hom opgevolg het as minister van Indiërsake.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Alfred Ernest Trollip, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.