Afrikaanse Satelliettelevisie (afgekort ASTV) is 'n Afrikaanse TV-kanaal wat plaaslikvervaardigde rolprente, reekse, musiek en programme uitsaai.
'n StarSat-satellietdekodeerder word benodig om die uitsendings te ontvang. ASTV se slagspreuk is Vir ons mense. Die kanaal is in Rustenburg in Noordwes, Suid-Afrika, gebaseer.
ASTV | |
---|---|
ASTV se logo. | |
Gestig | 1 Oktober 2010 |
Gesluit | Aktief |
Netwerk | StarSat |
Beeldformaat | 16:9 (576i SDTV) |
Slagspreuk | Vir ons mense |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Uitsaaiarea | Suider-Afrika |
Hoofkantoor | Rustenburg, Noordwes, Suid-Afrika. |
Webtuiste | kyknet.dstv.com |
StarSat | kanaal 460 |
ASTV kon aanvanklik gratis opgevang word met sekere satellietdekodeerders, maar vanaf 1 Oktober 2010 het ASTV eksklusief uitgesaai op die TopTV-platform, wat beteken dat kykers 'n TopTV-dekodeerder en -skottel benodig. TopTV het egter in Januarie 2014 hul naam verander na StarSat. Vanaf 1 Januarie 2012 het ASTV 'n nuwe logo en slagspreuk. Die kanaal laai ook vollengte-episodes van populêre programme op hul Vimeo-webblad.
Van die programme wat op ASTV uitgesaai word sluit in:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Afrikaanse Satelliettelevisie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.