Die Grafsirkel in Mycenae,
Griekeland (BO), en die masker van
Agamemnon (ONDER), wat in een van die grafte ontdek is.
Gebeure
- 1700-1500 v.C.: Horitiese verowerings.
- 1595 v.C.: Die verwoesting van Babilon deur die Hetiete-koning Mursilis I.
- Vanaf 1567 v.C.: Die einde van die 15de, 16de en 17de Dinastie van Antieke Egipte. Die begin van die 18de Dinastie.
- 1556 v.C.: Die legendariese koning Kekrops I bou of herbou Athene ná die groot vloed van Deucalion en die einde van die Goue Era.
- 1530 v.C.: Einde van die 1ste Dinastie van Babilonië.
- 1506 v.C.: Kekrops I van Athene sterf ná ’n bewind van 50 jaar.
- 1504 v.C.: Egipte begin om Nubië en die Levant te verower.
- Omstreeks 1500 v.C.: Koningin Hatsjepoet in Egipte (18de Dinastie).
- Omstreeks 1500 v.C.: Die element kwik uit dié dekade word in Egiptiese grafkelders ontdek.
- Omstreeks 1500 v.C.: Setlaars van Kreta, Griekeland, trek na Miletus, Turkye.
- Omstreeks 1500 v.C.: Vroeë spore van die Maja-beskawing ontwikkel in Belize.
- Omstreeks 1500 v.C.: Die Fenisiërs ontwikkel die Fenisiese alfabet.
Dekades en jare
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article 16de eeu v.C., which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.