Elektrolise is 'n chemiese redoksreaksie waarvolgens saamgestelde stowwe onder die invloed van 'n elektriese stroom opgebreek word (op 'n atomiese vlak) tot enkelvoudige stowwe en/of ander saamgestelde stowwe.
In 1832 ontdek Michael Faraday dat in 'n soutoplossing stowwe opbreek wanneer 'n elektriese stroom daardeur gestuur word en dat dié skeiding afhanklik van is die stroom. Later word hierdie ontdekking bekend as die eerste elektrolisewet van Faraday.
Hierna ontdek Faraday dat die massa van die gevormde elemente reg eweredig met die atoommassa van die betrokke elemente is. Hierdie waarneming het die vermoede van die bestaan van elektrone versterk, en word bekend as die tweede elektrolisewet van Faraday.
Elektrolise word moontlik gemaak deur ioniese stowwe. 'n Ioniese stof is in meeste gevalle 'n vastestof, bros en goed oplosbaar. Indien hierdie ioniese stof oplos, word negatiewe en positiewe ione gevorm wat dit vir elektrisiteit moontlik maak om deur die oplossing gelei te word.
Wiki Commons bevat media in verband met Elektrolise. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Elektrolise, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.