Vlieg-in vlieg-uit is 'n werksmetode wat dikwels gebruik word vir mense wat in afgeleë gebiede werk.
Eerder as om die werknemer en sy gesin na 'n dorp naby die werksplek te laat verhuis, word die werknemer na die werksplek gevlieg waar hulle vir 'n aantal dae werk waarna hulle dan weer terugvlieg na hulle tuisdorpe vir 'n aantal rusdae.
Vlieg-in vlieg-uit is baie algemeen in die mynwese, aangesien myne dikwels in afgeleë gebiede, ver weg van dorpe is.
Gewoonlik behels 'n werk met 'n vlieg-in vlieg-uit skedule die werk van lang skofte (bv. 12 ure 'n dag) vir 'n aantal aaneenlopende dae met al die af dae wat dan by die huis deurgebring word eerder as by 'n werksplek. Die voordele hiervan is dat die werknemer se tyd hoofsaaklik deur werk, slaap en eet in beslag geneem word, en dat daar min behoefte is aan vermaaklikheid by die werksplek.
Gewoonlik word daar dan ook gebruik gemaak van tydelike geboue vir verblyf aangesien die maatskappy gewoonlik nie 'n langtermynverbintenis met die werksplek het nie (d.w.s. as die minerale klaar onttrek is, word die myn gesluit).
Werknemers verkies dikwels die vlieg-in vlieg-uit reëlings aangesien hulle gesinne traag is om na klein afgeleë dorpe te trek vanweë die beperkte werksgeleenthede vir die werknemer se gade, beperkte keuses ten opsigte van onderwys en swak vermaaklikheidsgeleenthede.
Werkgewers verkies 'n vlieg-in vlieg-uit reëling wanneer die koste van die oprig van fasiliteite van bevredigende gehalte om gesinne aan te spoor om plaaslik te vertoef die koste van die basiese fasiliteite vir 'n vlieg-in vlieg-uit gemeenskap en die vliegkostes oorskry.
Die teendeel hiervan is dat 'n vlieg-in vlieg-uit werksooreenkoms baie druk op die verhoudings in 'n gesin kan plaas en smoor dit ook landelike ontwikkeling in die kiem.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Vlieg-in vlieg-uit, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.