Van Maanen Se Ster

Van Maanen se Ster (van Maanen 2) is ’n witdwergster.

Van die bekende witdwerge is dit die derde naaste aan die Son, ná Sirius B en Procyon B. Dit is die naaste losstaande witdwerg. Dit is in 1917 deur Adriaan van Maanen ontdek. Dit was die derde witdwerg bekend.

Van Maanen se Ster
Sterrebeeld Visse
Spektraaltipe DZ8
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 00h 49m 09,90175s
Deklinasie +05° 23′ 19.0117"
Skynmagnitude (m) 12,374
Besonderhede
Massa (M) 0,633
Radius (R) 0,013
Ouderdom (jaar) 3,13 miljard
Temperatuur (K) 6 220
Afstand (ligjaar) 14,1
Ander name
van Maanen 2, vMa2, G 001-027, Gliese 35, GCTP 160.00, HIP 3829, LFT 76, LHS 7, LTT 10292, WD 0046+051
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Eienskappe

Van Maanen Se Ster 
’n Voorstelling van ’n witdwergster.

Van Maanen se Ster is 14,1 ligjare van die Son af in die sterrebeeld Visse, met ’n relatief hoë eiebeweging van 2,98″ jaarliks. Dit is te dof om met die blote oog te sien. Nes ander wit sterre is dit baie dig: sy massa is sowat 63% van die Son s'n, hoewel sy radius net 1% van die Son s’n is. Die ster se temperatuur is sowat 6 220 K, wat taamlik koel is vir ’n witdwerg, en dit bestaan sowat 3 miljard jaar al as ’n witdwerg.

Voordat dit ingeplof en ’n witdwerg geword het, het dit ’n massa van sowat 2,6 sonmassas gehad en het dit 9 × 108 jaar in die hoofreeks gebly. Dit is dus altesaam sowat 4,1 miljard jaar oud.

Die sterreklassifikasie van Van Maanen se ster is DZ8, waar die DZ aandui dit bevat elemente swaarder as helium, wat in sterrekunde metale genoem word. Dié metale kom vermoedelik van ’n liggaam wat om die ster gewentel het, soos ’n rotsagtige eksoplaneet.

Moontlike metgesel

Dit is steeds onseker of die ster ’n bruindwerg-metgesel het. In 2004 nog is die waarneming van so ’n ster in een dokument bevestig en in ’n ander ontken. In 2008 het waarnemings met die Spitzer-ruimteteleskoop daarop gedui dat daar waarskynlik nie ’n ster binne 1 200 AE is wat ’n massa van 4 Jupiter-massas of meer het nie.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Van Maanen Se Ster EienskappeVan Maanen Se Ster Moontlike metgeselVan Maanen Se Ster VerwysingsVan Maanen Se Ster Eksterne skakelsVan Maanen Se SterProcyon BSonWitdwerg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EngelsJosef SukVlag van die Verenigde Koninkryk8 AprilGoeie VrydagTropiese huisgeitjieJapanBlourokkeGuangdongKlein-KarooSwangerskapLabia (geslagsdele)SloweniëSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en KunsChirurgieHerfsPaasfeesElim, LimpopoNorwichCecilia Payne-GaposchkinHidroponikaRicus NelJohann RossouwTwaalf Stamme van IsraelWoordNew OrleansOrthopteraKunsmusiekKalenderDieregeluideSias ReineckeSannie Uys (skrywer)BaskelandSuid-AfrikaJeuksiekteSmall HandsKaukasiese taleDroomLianie MayFariseërsWestdenedam-rampSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 19947de LaanRugbywêreldbeker 2003SkilpadKanadaVermaakKongo-krisisMaanKatHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalWes-SamoaYouTubeRJ-telefoonpropMasturbasieXhosaTotalitarismeSeksuele opwekkingSwahiliTeologieInfeksieASoewereine Militêre Orde van MaltaTuvaluKunsmisGeelsugWorsie VisserEwenaarPous Celestinus IIIJesus van NasaretOopbroninhoudAfrikaanse TaalbewegingStellenboschPeter von GommNero🡆 More