Die Bosveldkwarteltjie (Turnix sylvaticus) is 'n standvoël wat in Suider-Afrika voorkom, behalwe in die Wes- en Oos-Kaap, suid- en sentraal-Vrystaat en suid-KwaZulu-Natal.
Bosveldkwarteltjie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | Turniciformes |
Familie: | Turnicidae |
Genus: | Turnix |
Spesie: | T. sylvaticus |
Binomiale naam | |
Turnix sylvaticus Desfontaines, 1789 |
In Engels staan die voël bekend as die Common buttonquail.
Die voël leef van insekte en saadjies en woon op hoë grasvelde, ou landerye en oop savanne van die bosveld.
Hierdie klein kwarteltjie is werklik moeilik om raak te sien, aangesien hy bly sit in sy wegkruipplek en op die laaste oomblik laag sal opvlieg om te vlug. Hy het gestreepte sandbruin bo-dele, 'n dowwe onderkant, swart flankmerke en 'n vaal gesig. Die twee geslagte lyk eenders, maar jongelinge het meer kolletjies aan die onderlyf.
Die hennetjie roep met 'n diep "hoem-hoem-hoem" en die mannetjie antwoord met "kêk-kêk-kêk".
Die hennetjie begin die vlerksleepproses en bou dan 'n nessie op die grond. Die nessie is 'n klein pakkie gras wat in 'n natuurlike holte geplaas word. Die haantjie bebroei die gespikkelde eiers wat gewoonlik vier is; en versorg die kuikens, wat kan hardloop sodra hulle uitgebroei het. Die broeiseisoen is van Junie tot September.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bosveldkwarteltjie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.