Tsjeko-Meer

Die Tsjeko-meer (Russies: Чеко) is ’n klein varswatermeer in Siberië, Rusland, naby die Podkamennaja Toengoeskarivier in Krasnojarsk-krai.

Dit is ’n komvormige meer van 708 m lank, 364 m breed en sowat 50 m diep.

Tsjeko-meer

Чеко
Tsjeko-meer is in Rusland
Tsjeko-meer
Tsjeko-meer
Koördinate: 60°57′50″N 101°51′36″O / 60.96389°N 101.86000°O / 60.96389; 101.86000 101°51′36″O / 60.96389°N 101.86000°O / 60.96389; 101.86000
LandVlag van Rusland Rusland
GebiedKrasnojarsk-krai,
Siberië
Oppervlakte0,258 km²

Wetenskaplikes bespiegel dat die meer geskep is tydens die Toengoeska-voorval, ’n ontploffing op 30 Junie 1908 wat meer as 2 000 km² Siberiese taiga verwoes het. Sommige vermoed die meer, wat sowat 8 km noordnoordwes van die voorval se hiposentrum lê, is gevorm deur ’n fragment wat die grond getref het. In 1961 is in ’n ondersoek geraam dat die meer minstens 5 000 jaar oud is na aanleiding van meters diep slikbesinksel op die bodem; nuwer navorsing dui egter daarop dat net sowat ’n meter van die sliklaag "normale besinksel" is en dat die meer baie jonger, sowat 100 jaar oud, is.

Klanktoetse is ook uitgevoer wat daarop dui dat die bodem keëlvormig is, wat ooreenstem met ’n impak-krater, en dit steun die teorie. Die lang as van die meer wys ook in die rigting van die episentrum van die Toengoeska-voorval ’n paar kilometer daarvandaan. Verder dui magnetiese lesings op ’n moontlike stuk rots van ’n meter groot onder die meer se diepste punt, wat ’n fragment kan wees van die liggaam wat ontplof het. Daarteenoor het navorsers van die Imperial College in Londen bevind dat baie van die bome om die meer ouer as 100 jaar is en dat die meer dus nie in 1908 gevorm kon gewees het nie.

In 2009 het navorsers van die Universiteit van Bologna die meer se bodem ondersoek. ’n Studie van die besinkel, isotope en stuifmeel het volgens hulle daarop gedui dat "die Tsjeko-meer gevorm is in die tyd van die Toengoeska-voorval."

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Krasnojarsk-kraiRuslandRussiesSiberiëToengoeskarivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Chemiese reaksieMikro-ekonomieWes-AfrikaDulcie van den BerghAfrikaansLys van kinderspeletjiesGlobaliseringGesondheidDie CampbellsTaalNasionale VrouedagLetterkundeLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameSlag van BloedrivierEjakulasieOogproblemeSteenkool in Suid-AfrikaHeuningbyDiarreeGriepHennie MaasGeskiedenis van erotiese afbeeldingsBaardskeerder-spinnekopVoegwoordViëtnamoorlogSwart nasionalismeKremetartCleopatra VII2024 Formule Een-seisoenAfro-AmerikanersBybelVergelykings (taalkunde)Lys van Kaapstad se voorstedeEkonomiese sektorSelfmoordInternetSmaakRooikatMaanAarverkalkingApokriewe boekeVolhoubare ontwikkelingHerpes simplexBeeldspraakGoogle MapsJennifer ZamudioEskomHulpwerkwoordJagluiperdXHTMLOorstromingBiljoenGetalBorskankerJode in Suid-AfrikaDokterMensBloukraanvoëlKrimpvarkieSirkusBrandSportVoorvoegselNieuwoudtvilleLettergreepApostelSonkragLondenKoue OorlogNeutSKreatiwiteitDie Stem van Suid-Afrika🡆 More