Torpedolipvis

Die torpedolipvis (Pseudocoris heteroptera) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan.

In Engels staan die vis bekend as die Torpedo wrasse.

Torpedolipvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Cuvier, 1816
Genus:
Pseudocoris
Spesie:
P. heteroptera
Binomiale naam
Pseudocoris heteroptera
(Bleeker, 1857)

Identifikasie

Die vis word tot 15cm lank en het 'n slanke lyf. Die volwasse mannetjies is groenblou met donker vertikale strepe oor die sye en 'n donker vlek agter die oog. Die stertvin is deurskynend met swart rante. Die strepe op die agterkant van die lyf wissel na gelang van die gemoedstoestand van die vis.

Die jong gebore visse en volwasse wyfies is grysgeel en die stertvin is ook deurskynend met swart rante. Later word die onvolwasse visse swart met 'n ligte penskant en twee kenmerkende strepe op die sye terwyl die dorsale-, anale- en stertvinne geel is.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 8 tot 50 m diep is. Die mannetjies is alleenlopend maar bly naby die wyfies wat op hulle beurt in klein groepies saambly. Hulle swem dikwels saam met ander klein vissies bo die rif rond. Die visse vreet soöplankton.

Sien ook

Eksterne skakel

Bron

  • The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014 ISBN 978-1-77584-018-3

Verwysings

Tags:

Torpedolipvis IdentifikasieTorpedolipvis Sien ookTorpedolipvis Eksterne skakelTorpedolipvis BronTorpedolipvis VerwysingsTorpedolipvis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ChromatografiePablo PicassoSteenkoolHolocaustRivierKoolhidraatBeaufortskaal2001Anrich HerbstNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyOranjerivierArmoedeVlinderApartheidBorskankerVioolVolhoubaarheidTrekarbeidWapen van Suid-AfrikaVoorsetselViëtnamoorlogBladwisselendIndustriële RevolusieHerfsErfenishulpbronBreinSinkAlkoholismeBreyten BreytenbachRefleksieSimboolDokterKoerantVakbondLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKewerHoofkarakterGroot-VisrivierKrapMaatskaplike verantwoordelikheidMielieLys van Afrikaanse televisiereekseAngina pectorisOnderwysTafelbergTierPenisSpysverteringstelselWilna SnymanGriekwa-AfrikaansSpinnekopLeeuHoenderInternetTamboraVingerseksBreinvliesontstekingGeografie van Suid-AfrikaVoornaamwoordSkaapAnneli van RooyenWerkwoordGesonde dieetMenseregtedagLika BerningUnited Democratic FrontDriedimensioneelMenstruasieSuid-Afrikaanse WeermagNatuurlike hulpbronSuid-AfrikaBosluisbytkoorsWinterHector PietersonKunselementeStikstofMetaalSean Combs🡆 More