Toastmasters International

Toastmasters International is 'n wêreldwye nie-winsgewende organisasie wat toegespits is op die ontwikkeling van vaardighede in leierskap en kommunikasie.

Toastmasters International
Tipe Nie-winsgewende organisasie
Gestig 1924
Hoofkantoor Kalifornië, VSA
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieOpvoeding
ProdukteLeier en kommunikasie vaardigheidsprogramme
DiensteOpleiding
Slagspreuk"Word die spreker en leier wat jy wil wees."
Webwerfhttps://www.toastmasters.org/

Geskiedenis

Die organisasie is in 1924 begin deur die stigter Dr. Ralph C. Smedley toe hy die eerste klub begin het in 'n kelder in Santa Ana, Kalifornië. Die klub se naam was "Toastmasters". Sy doel met die klub was "om vaardighede en opleiding te verskaf in die kuns om in die openbaar aanbiedings te maak, in die voer van vergaderings en om 'n sosiale en goeie gemeenskap onder lede te bevorder." Die jong klub het so goed gevaar dat die eksperiment gou bekend geraak het. Verskeie mense en gemeenskappe het begin toestemming vra om soortgelyke klubs te skep. 'n Jaar later is 'n tweede klub in Anaheim, Kalifornië begin en 'n derde in Los Angeles. In 1930 is 'n federasie geskep om die aktiwiteite van klubs te koördineer. Toastmasters het die naam Toastmasters International aangeneem na aanleiding van 'n toespraakklub, in New Westminister, Kanada belangstelling getoon het om deel te word van die organisasie.Toastmasters International se hoofkantoor het bestaan uit gehuurde kantore in Suid-Kalifornië tot en met 1962, waarna die hoofkantoor verskuif het na Santa Ana naby die plek waar die eerste klub ontmoet het. Toenemende groei het die vraag na beter fasiliteite tot gevolg gehad en die hoofkantoor is in 1990 verskuif na Rancho Santa Margarita, Kalifornie, ongeveer 32 km suid van Santa Ana. Die basiese opleidingshandleiding van 15 projekte wat deur Smedley ontwikkel is het uitgebrei tot 'n program van handleidings en ander materiaal wat lede help om vaardighede te ontwikkel in luister, die gee van terugvoer, besluitneming, delegering en mentorskap.

Kwalifikasies

Die kwalifikasies van Toastmasters International geniet wêreldwyd erkenning. Die program bied twee bane van ontwikkeling wat gelyktydig gevolg kan deur lede nl. 'n kommunikasie baan en 'n leierskap baan. Wanneer 'n lid aansluit ontvang die lid 'n kommunikasiehandleiding en 'n leierskapshandleiding. Die tempo waarteen 'n lid werk hang af van die lid self en word nie voorgeskryf nie. Die program is selfaangedrewe en verwag dat mense hulle eie innerlike motivering gebruik om deur die program te werk.

Kommunikasie vaardighede

Kommunikasievaardighede word ontwikkel binne 'n klub konteks. Die klub hou 'n vergadering wat gebaseer is op drie pilare: 1) Voorbereide toesprake 2) Onvoorbereide toesprake 3) Evaluasies van voorbereide toesprake

Voorbereide toesprake

'n Lid word gesertifiseer as 'n "Bekwame kommunikeerder" nadat die lid deur die eerste basiese kommunikasiehandleiding gewerk het. Die basiese kommunikasiehandleiding bestaan uit tien opdragte wat uitgevoer moet word deur die lid. Elke opdrag spesifiseer die vereistes waaraan voldoen moet word deur die spreker ten einde te bevestig dat gespesifiseerde kommunikasievaardighede suksesvol bemeester is. Die opdrag moet binne 'n voorgeskrewe tyd voltooi word. Die meeste opdragte in die basiese kommunikasiehandleiding vereis 'n toespraak van tussen 5 en 7 minute. Verskeie vaardighede word gedek soos bv: die stukturering van 'n boodskap, handgebare, aanvullingsmateriale, stemvariasie ens. Na die voltooiing van 'n opdrag kry die lid terugvoer van 'n medelid waarin gekyk word of die lid die gestelde doelwitte bereik het en word kommunikasievaardighede geïdentifiseer waaraan die lid kan werk vir verbetering.

Nadat 'n lid gekwalifiseer het as 'n Bekwame kommunikeerder kan die lid begin werk aan 'n stel gevorderde handleidings. Daar is sewentien gevorderde handleidings wat spesialis vaardighede ontwikkel en sluit in handleidings oor humoristiese toesprake, toesprake van bestuur, kommunikasie op televisie, interpreterende lees ens. Die tydsduur van gevorderde voorbereide toesprake wissel van kort opdragte soos 'n heildronk wat 3minute duur tot die begeleiding van paneelbesprekings wat tot 'n uur in beslag mag neem. 'n Lid kies self watter gevorderde handleiding hy/sy wil aanpak. Elke gevorderde handleiding bevat vyf opdragte wat deur die lid uitgevoer moet word. Na voltooiing van twee gevorderde handleidings word 'n lid gesertifiseer as 'n "Gevorderde kommunikeerder – Brons", na 'n verdere twee gevorderde handleidings as 'n "Gevorderde kommunikeerder – Silwer en na nog twee gevorderde handleidings as 'n "Gevorderde kommunikeerder – Goud". 'n Lid bereik dus 'n Gevorderde kommunikeerder – Goud status na die suksesvolle aflewering van 40 toesprake.

Onvoorbereide toesprake

Daar word gereeld voorsiening gemaak in 'n klub se byeenkomste vir onvoorbereide toesprake. Gewoonlik word 'n onderwerp gegee op die aand en moet die lid vir 1 tot 2 minute toespraak lewer oor die onderwerp. Die doel is om die vaardighede wat aangeleer word tydens voorbereide toesprake ook te kan aanwend as onvoorbereid gekommunikeer word. Hierdie vaardigheid is nodig vir die menig male wat persone sonder voorbereiding in die werksplek of in 'n sosiale konteks 'n mening moet lig.

Evaluasies

Alle lede word geleer om opbouende en tog duidelike terugvoer te gee. 'n Evaluasie word gegee deur 'n lid nadat 'n ander lid 'n voorbereide toespraak gelewer het. Die evalueerder het dit ten doel om aan die lid oor te dra watter kommunikasievaardighede bemeester is en uit te lig watter kommunikasievaardighede nog bemeester moet word. 'n Evaluasie is gewoonlik ongeveer 3 minute of langer na aanleiding van die tydsduur van die toespraak wat gelewer is.

Leierskapvaardighede

Die ontwikkeling van leierskap vaardighede begin wanneer die lid aansluit. Die lid ontvang 'n handleiding wat vereis dat die lid verskeie leierskaptake voltooi tydens sy deelname aan klub aktiwiteite. Na voltooiing van die basiese leierskaphandleiding word die lid gesertifiseer as 'n bekwame leier. Nadat 'n bekwame status bereik is kan die lid ook 'n Gevorderde leierskap – Silwer en 'n Gevorderde leierskap – Goud sertifikaat verwerf. Ten einde hierdie sertifikate te verwerf moet die lid leierskapvaardighede toon in die distrikstruktuur van Toastmasters International. Die lid doen dit deur 'n pos in die struktuur te vul vir 'n tydperk van 'n jaar. Die lid moet ook 'n nuwe klub begin of 'n sukkelende klub help groei as mentor vir die klub. 'n Gevorderde leierskapskursus word voltooi waar 'n lid 'n bepaalde projek beplan en uitvoer onder leiding van 'n mentorkomitee wat die lid stap vir stap bystaan.

Uitstaande Toastmaster

'n Lid wat beide die kommunikasie en leierskap baan volledig voltooi het en al die sertifikate verwerf het word gesertifiseer as 'n Uitstaande Toastmaster. Hierdie is die hoogste toekenning wat uitgegee word deur Toastmasters International. Die tydsduur van om by die punt te bereik hang af van die lid se vorderingstempo maar dit neem ongeveer 5 jaar om 'n Uitstaande Toastmastersertifikaat te verwerf. 'n Uitstaande Toastmaster het bewys getoon dat s/hy die vaardigheid van kommunikasie en leierskap met uitnemendheid ten toon gestel het.

Struktuur

'n Distrik word bestuur deur 'n kabinet wat bestaan uit sewe poste nl: Distriksgoewerneur, Luitenant Goewerneur van Opvoeding, Luitenant Goewerneur van Bemarking, Publieke Verhoudings Offisier, Sekretaris, Tesourier en die Vorige Distriksgoewerneur. Verder bestaan die distrik uit sewe divisies wat elk 'n Divisiegoewerneur het wat omsien na 'n Divisie. 'n Divisie word opgedeel in Areas wat elk 'n Areagoewerneur het. 'n Area bestaan uit 3 tot 6 klubs met ongeveer 25 lede per klub. Elke klub word bestuur deur 'n Klubbestuur wat bestaan uit die volgende rolle: President, Visiepresident van Opvoeding, Visiepresident van Lidmaatskap, Visiepresident van Publieke Verhoudinge, Sekretaris en klubtesourier.

Toastmasters in Suidelike Afrika

Toastmasters International word opgedeel in distrikte. Distrik 74 dek Suidelike Afrika en sluit die volgende lande in: Suid-Afrika, Botswana, Lesotho, Namibië, Mosambiek, Malawi, eSwatini, Zambië en Zimbabwe.

Bronnelys

Tags:

Toastmasters International GeskiedenisToastmasters International KwalifikasiesToastmasters International StruktuurToastmasters International Toastmasters in Suidelike AfrikaToastmasters International BronnelysToastmasters InternationalKommunikasieLeierskap

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Anette EngelbrechtEjakulasieNagadderPubiese hareAsemhalingYouTubeHoërskool NoordheuwelOlienhoutDoziJoodse kalenderPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaAnglo-BoereoorlogHoenderMuisvoëlRudi ClaaseElizma TheronSally EsterhuizenBiologieKoos du PlessisBokmakierieMiltJohan BadenhorstMag (sosiale wetenskappe)GoudAntjie SomersIsraeliese VerdedigingsmagteBoet TroskieGroepsdrukSkynprivaatnetwerkPotchefstroomLys van kinderspeletjiesADie avonture van KuifieDrie-eenheidBok van BlerkMeervoudSiekteEvangelie volgens MarkusTswanaBybelvertalingSpekboomSerebrospinale vogLys van Suid-Afrikaanse musiekgroepeMieliestronkSuid-Afrikaanse randPaul LückhoffAgter Elke ManXenofobieBoelieryHartversakingWaterHooglied van SalomoKrugerwildtuinTweede VryheidsoorlogSeekoeiLipstiek DipstiekByGuillain-Barré-sindroomKaapstadBysteekTwaalf Stamme van IsraelA.J. ApplegateNederlandsPublieke domeinMuggieKokerboomMenseregtedagSuiderkruisLandbouMondVirginia LeeNG gemeente Drie RiviereGeelslangEkonomie van Suid-AfrikaSterVeroudering🡆 More