Teenpous Innocentius Iii

Innocentius III gebore Lando van Sezze was die vierde en laaste teenpous teen Pous Alexander III.

Teenpous Innocentius III
Geboortenaam Lando van Sezze
Sterfplek La Cava
Teenpous van Pous Alexander III
Begin van pontifikaat 29 September 1179
Einde van pontifikaat 1180

Biografie

Lando van Sezze was vermoedelik afkomstig uit Duitse adel. Teenpous Victor IV stel hom in 1178 aan as kardinaal-diaken van S. Angelo in Pescheria. In 1178 onderwerp Teenpous Callixtus III hom aan pous Alexander III. Alexander se teenstanders was nie daarmee tevrede nie en kies Lando as pous. Hy neem die naam Innocentius III aan en neem sy residensie in Palumbara. Hy het egter weinig politieke steun. Vorige teenpouse teen Alexander III het die steun van keiser Frederik I Barbarossa gehad, maar na die verdrag van Venesië in 1177 het die keiser hom met Alexander versoen en sy steun aan die teenpouse onttrek.

In 1180 het Alexander daarin geslaag om 'n paar ondersteuners van Innocentius om te koop en hulle het hom verraai. Alexander het Innocentius gevange geneem en hom lewenslank in die klooster La Cava in Tirrenne gevange gehou. Uiteindelik het die teenstanders van pous Alexander III genoeg gehad en hulle het geen verdere teenpouse benoem nie.

Tydens die periode van die Westerse Skisma het egter weer 'n hele paar teenpouse opgeduik.

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Pous Alexander IIITeenpous

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondwetMieliestronkKuberkrakerDeurgangsriteSelfmoordHoofpynMierAppelKwaZuluGautengKonjunktivitisPikkewynSteve HofmeyrLys van Suid-Afrikaanse musikantePolisieWerkersdagSuikerbekkiesOlimpiese Somerspele 2024MaanArabies-Israeliese konflikNoord-KaapEnergie-ontwikkelingHomoniemVoorvoegselPersoonlike voornaamwoordKaartGodsdiensWaterbesoedelingAgtergrond (narratief)Markus JoosteWerkloosheidHamburgerBreinAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeApartheidXHTMLJodePersentasieKragopwekkingBloemfonteinRooikatWaterkringloopAdolf HitlerGriekwa-AfrikaansGeprosesseerde kosKersfeesProteaVarkgriepSpinnekopSlag van BloedrivierPaddaSteenkoolElon MuskWillie JoubertKrugerwildtuinDirekte en Indirekte redeBraaiVenusMadison IvyWisselkoersGeweldLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsTuberkuloseHorlosieFinale OplossingMilaanKoolstofKunsNazi-DuitslandHipoteseDokterTelevisieVloeistofPretoriaMuscat Internasionale LughaweNatriumLikkewaanC++🡆 More