Suid-Afrikaanse Identiteitsnommer: Identiteitsnommer vir Suid Afrikaanse burgers

Die identiteitsnommer dien om die persoon as enkeling uit ‘n bevolking van miljoene in die Republiek van Suid-Afrika te identifiseer.

Sonder om selfs ‘n foto te raadpleeg, kan feitlik enigiemand, wat van die kodes bewus was, bloot deur na die identiteitsnommer op ‘n staat of vorm te kyk, in wese aflei wat die persoon se ouderdom, Suid-Afrikaanse burgerskap, geslag en bevolkingsgroep (of dan, ras of etnisiteit) is.

Samestelling

Die Suid-Afrikaanse identiteitsnommer bestaan uit 13 syfers.

(a) Die eerste ses syfers is die geboortedatum van die houer. Die eerste twee syfers is die jaartal, gevolg deur die twee syfers van die maand, en laastens twee syfers vir die geboortedag.

(b) Die daaropvolgende vier syfers dui die geslag aan. As die 7de tot 10de syfer tussen 0001 tot 4999 is, is die persoon vroulik. Indien die getal bo 5 000 is, is die individu as manlik geklassifiseer.

(c) Die 11de en 12de syfers verklap die bevolkingsgroep (of ras, of etnisiteit) waartoe die houer van die identiteitsdokument geklassifiseer is.

Hier volg die onderskeie bevolkingsgroepindelings (destyds tydens apartheid) soos aangetoon in ‘n openbare inligtingsbrosjure uit 1974:

Bevolkingsgroep Suid-Afrikaanse

burger

Nie-Suid-Afrikaanse

burger

(i) Blanke 00 10
(ii) Kaapse Kleurling 01 11
(iii) Kleurling van Suidwes-Afrika 20 21
(iv) Maleier 02 12
(v) Griekwa 03 13
(vi) Sjinees 04 14
(vii) Indiër 05 15
(viii) Ander Asiër 06 16
(ix) Ander Gekleurde 07 17
(x) Baster van Rehoboth 08 18
(xi) Nama van Suidwes-Afrika 09 19

Die burgerskap kan verbeur word indien die persoon reeds in 'n ander land burgerskap verkry het. 'n Identiteitsnommer alleen kon dus nie as afdoende bewys dien vir Suid-Afrikaanse burgerskap nie, aangesien die Departement van Binnelandse Sake nie altyd hiervan ingelig is nie. Hiervoor moes die Departement self genader word om klaring te kry.

(d) Die 13de en heel laaste nommer is bloot ‘n kontrolenommer.

Dus, uit die nommer Suid-Afrikaanse Identiteitsnommer: Identiteitsnommer vir Suid Afrikaanse burgers  sou iemand kon aflei die persoon is ‘n blanke man en waarskynlik 'n Suid-Afrikaanse burger, gebore op 5 September 1927.

Bron

Tags:

Republiek van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LondenRugbywêreldbeker 2023NederlandsPoesBynierReënMonopolyLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHemelvaartsdagRoofvoëlNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAdolessensieSanskritLeenwoordDonkieWerkloosheidBlaarWaterSokkerVrystaatHomoniemEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaRefleksieBloeddrukRobert SobukweSosiale mediaRymBorsteMigrasie van voëlsCradock-4Bedryfstelsel (inligtingstegnologie)Nasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaStaatstoelaeTropiese sikloonSkilpadDigvormKompasBalletVryheidsmanifesTrekarbeidKaapstadse waterkrisis 2015-2018HidroëlektrisiteitHandelsmerkTennisKweekhuiseffekKernkragRookgewoonteGrondsoorteMeningsverskil oor aardverwarmingConsolidated B-24 LiberatorBywoordVersoeningsdagXenofobieTswanaStadDuitsCarike KeuzenkampWoordsoortAsemhalingRefentse MorakeJeuksiekteTurkyeFinansiële staatDemi Lee MooreArabiesKnieOrtopedieSowjetuniePornografieLoodSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSuid-Afrikaanse WeermagLys van Kaapstad se voorstedeOligopolieDistrik Ses🡆 More