Mineralogie Streep

Die streep van 'n mineraal is dié kleur wat die stof het indien dit fyn gepoeier word.

Dit word gewoonlik bepaal deur met die mineraal 'n streep te trek op 'n stuk ongeglasuurde porselein. Die stukkie porselein kan wit wees, maar vir liggekleurde strepe word ook swart porselein aangewend.

Mineralogie Streep
Die streep van Piriet en Rodogrosiet

Die streep se kleur kan baie verskil van watter kleur 'n groot klomp van die mineraal lyk te besit en die twee kleure saam is kenmerkend vir die mineraal. Die bepaling van die streep is daarom 'n eenvoudige manier om die mineraal te identifiseer. Byvoorbeeld die minerale hematiet en magnetiet is altwee ysteroksiede wat swart uit kan sien. Magnetiet se streep is swart, maar hematiet s'n is rooi. Piriet kan soos goud of chalkopiriet lyk maar hulle strepe is anders.

Die streep kan net met 'n porseleinplaatjie bepaal word indien die mineraal se hardheid 6 of minder op die skaal van Mohs is. Harder minerale sal net die porselein kras en nie hulle kleur afgee nie.

Verwysings

Mineralogie Streep  Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Nederlandse Wiki. Sien bron.

Tags:

MineraalPorselein

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Apple II-reeksKoolstofPerdKanadaKinderregtePlatteland (rolprent)Veelrassige pornografieMetafoorSitrusLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJak de PriesterVerkleinwoordGeboorteHondsdolheidBoelieryMuisvoëlDysselsdorpAkroniemPatriotic AllianceSonGesonde dieetKasteel die Goeie HoopBreinLeeudoringstadBloedgroepWes-AfrikaLys van universiteite in Suid-AfrikaLys van kinderspeletjiesMikro-ekonomieNasionale VrouedagWebwerfBlaarSelfstandige naamwoordGlobaliseringHanoverIronieSkilpadSeisoenGrondwet van Suid-AfrikaPeach van PletzenMynbouDoelwitNeurenberg-verhoreSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureWikiquoteKennisSterBeaufortskaalJaco JacobsBloukraanvoëlVenesiëAngssteuringCristiano RonaldoOpenbare betrekkingeSpysverteringstelselDemokratiese AlliansieBeroerteMartin Luther King jr.MaatskappyDiarreeAfrikaanse TaalmonumentErosietipesMetaalNierversakingOnderhandelinge om apartheid te beëindigMasturbasieGroot Muur van ChinaOligopolieIslamitiese seksualiteitswetteRandall WicombVolhoubaarheidAfrikaanse woordelys en spelreëlsHolocaustNederlands🡆 More