Spandauer Sv

Spandauer SV is 'n sportklub uit Spandau, 'n stadsdistrik van Berlyn, die hoofstad van Duitsland.

Spandauer SV
Spandauer Sv
Volledige naam Spandauer Sportverein 1894 e.V.
Stigtingsdatum 24 Mei 1894
Tuisveld Stadion an der Neuendorfer
Straße
, Berlyn
Kapasiteit 3 000
Kompetisie Oberliga Noordoos-Noord

Die klub is veral bekend vir sy sokkerafdeling, maar het ook afdelings vir bofbal, kegelbal en tafeltennis.

Geskiedenis

Die klub is op 24 Mei 1894 gestig as 1. Spandauer Fußballklub Triton. In 1920 is daar met Sportclub Germania Spandau (op 15 Oktober 1895 gestig) en Germania 04 Spandau saamgesmelt om Spandauer Sport-Vereinigung 94/95 e.V. te vorm. In 1921 het die klub gepromoveer na die Verbandsliga Berlyn-Brandenburg, destyds die hoogste klas.

Na die reorganisasie van die Duitse sokkerstruktuur in 1933 het die klub op die hoogste vlak in die Gauliga Berlyn-Brandenburg meegeding tot in 1936. In 1939 het die klub weer vir een seisoen teruggekeer.

Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub herstig as SG Spandau-Altstadt en het dit in die Berlynse stadliga op die hoogste vlak meegeding. In 1949 het die klub die huidige naam aangeneem. Tussen 1954 en 1956 het die klub die Berlynse uitklopbeker 3 keer in 'n ry verower en sodoende toegang tot die hoofrondte van die DFB-Pokal verkry. In 1956 is die klub in die kwarteindstryd deur FC Beiere München uitgeskakel, terwyl die klub in die vorige twee jare vroeg uitgeskakel is deur onderskeidelik VfB Lübeck en FK 03 Pirmasens.

Spandauer SV wys 'n plek in die Bundesliga van die hand

In 1963 is die Bundesliga opgerig en was Hertha BSC Berlyn die enigste klub uit Berlyn in die Bundesliga. Spandauer is by die Regionalliga Berlyn op die tweede vlak ingedeel (en het vir 11 seisoene hier gebly). In 1965 is Hertha 'n Bundesligalisensie geweier weens 'n oortreding van die liga se spelervergoedingreëls. Die wenner van die Berlynse Regionalliga was Tennis Borussia Berlyn, maar hulle het uitgeval in die uitspeelwedstryde om promosie na die Bundesliga. Die DFB wou egter vir politieke redes (dit was in die dae van die Koue Oorlog) 'n span uit Berlyn in die Bundesliga hê en het Hertha se plek vir Spandauer, wat tweede in die Regionalliga geëindig het, aangebied. Die klub het egter die aanbod van die hand gewys en dit het die weg vir Tasmania Berlyn, wat derde in die Regionalliga geëindig het, gebaan om na die Bundesliga te promoveer (hierdie klub het toe geskiedenis gemaak met die slegste Bundesligaseisoen nog ooit).

Laer ligas

Die klub het in die 1975/76-seisoen vir die laaste keer op die tweede vlak meegeding in die 2. Bundesliga Noord, maar is na 'n rampspoedige seisoen (die swakste wat enige 2. Bundesligaklub nog ooit gehad het) na die derde vlak gerelegeer. Die klub het op hierdie vlak gebly vir 23 seisoene totdat finansiële probleme in 1999 veroorsaak het dat Spandauer se Regionalliga-lisensie ingetrek is en die klub na die Verbandsliga Berlyn op die 5de vlak gerelegeer is. Die klub het hierna selfs na die Landesliga gedaal, maar speel vanaf die 2007/08-seisoen in die Oberliga op die vierde vlak.

In die 1974/75- en 1977/78-seisoene is die Berlynse uitklopbeker weer verower, maar die klub is in die vroeë rondtes van die DFB-Pokal uitgeskakel.

Onlangse ligaposisionering

  • 1963-64(II)Regionalliga Berlyn4de
  • 1964-65(II)Regionalliga Berlyn2de
  • 1965-66(II)Regionalliga Berlyn3de
  • 1966-67(II)Regionalliga Berlyn3de
  • 1967-68(II)Regionalliga Berlyn7de
  • 1968-69(II)Regionalliga Berlyn5de
  • 1969-70(II)Regionalliga Berlyn6de
  • 1970-71(II)Regionalliga Berlyn6de
  • 1971-72(II)Regionalliga Berlyn5de
  • 1972-73(II)Regionalliga Berlyn7de
  • 1973-74(II)Regionalliga Berlyn10de
  • 1974-75(III)Amateurliga Berlyn1ste
  • 1975-76(II)2.Bundesliga Noord20ste
  • 1976-77(III)Amateurliga Berlyn3de
  • 1977-78(III)Am.Oberliga Berlyn12de
  • 1978-79(III)Am.Oberliga Berlyn12de
  • 1979-80(III)Am.Oberliga Berlyn9de
  • 1980-81(III)Am.Oberliga Berlyn10de
  • 1981-82(III)Am.Oberliga Berlyn7de
  • 1982-83(III)Am.Oberliga Berlyn11de
  • 1983-84(III)Am.Oberliga Berlyn11de
  • 1984-85(III)Am.Oberliga Berlyn3de
  • 1985-86(III)Am.Oberliga Berlyn6de
  • 1986-87(III)Am.Oberliga Berlyn8ste
  • 1987-88(III)Am.Oberliga Berlyn7de
  • 1988-89(III)Am.Oberliga Berlyn3de
  • 1989-90(III)Am.Oberliga Berlyn7de
  • 1990-91(III)Am.Oberliga Berlyn4de
  • 1991-92(III)Am.Oberliga Noordoos-N9de
  • 1992-93(III)Am.Oberliga Noordoos-N7de
  • 1993-94(III)Am.Oberliga Noordoos-N6de
  • 1994-95(III)Regionalliga Noordoos13de
  • 1995-96(III)Regionalliga Noordoos10de
  • 1996-97(III)Regionalliga Noordoos16de
  • 1997-98(III)Regionalliga Noordoos13de
  • 1998-99(III)Regionalliga Noordoos16delisensie geweier
  • 1999-00(V)Verbandsliga Berlyn14de
  • 2000-01(V)Verbandsliga Berlyn17de
  • 2001-02(VI)Landesliga Berlyn-16de
  • 2002-03 (VI)Landesliga Berlyn-27de
  • 2003-04(VI)Landesliga Berlyn-21ste
  • 2004-05(V)Verbandsliga Berlyn9de
  • 2005-06(V)Verbandsliga Berlyn8ste
  • 2006-07(V)Verbandsliga Berlyn1ste
  • 2007-08(IV) Oberliga Noordoos-Noord

Eksterne skakels

Oberliga Noordoos-Noord 2007/08-seisoen

Berlin AK 07 | BFC Dynamo | Hertha BSC Berlyn II | BFC Preussen | Lichterfelder FC |
Spandauer SV | Tennis Borussia Berlyn | Türkiyemspor Berlyn | SV Yeşilyurt Berlyn |
Greifswalder SV 04 | Ludwigsfelder FC | TSG Neustrelitz | Germania Schöneiche | FC Hansa Rostock II |
Torgelower SV Greif | FSV Optik Rathenow

Tags:

Spandauer Sv GeskiedenisSpandauer Sv Spandauer SV wys n plek in die Bundesliga van die handSpandauer Sv Laer ligasSpandauer Sv Onlangse ligaposisioneringSpandauer Sv Eksterne skakelsSpandauer SvBerlynBofbalDuitslandHoofstadSokkerSportTafeltennis

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EngelsPiet ByleveldOSI-modelVolksbevrydingsleërZoeloeCarles PuigdemontKameelperdInternetRosettasteenDulcie van den BerghBora BoraGoudAgorafobieOlifantSeksualiteitKoos du PlessisFormule EenJan BloukaasLionel PetersonLys van politieke partye in Suid-AfrikaBonnie TylerEuropaSorina ErasmusTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinRooiwaterSteenkool in Suid-AfrikaJan van HunksJodiumWet op NaturellengrondBoer Soek 'n VrouGroote SchuurN.P. van Wyk LouwMarita NapierHerpes simplexKrokodilSaoedi-ArabiëNelson MandelaGlenys LynneCSSWêrelderfenisgebiedFamilie (verwantskap)Christo WieseTswanaSuiwelprodukAppendiksWaldemar SchultzWikisourceOogproblemeSeksposisieChris HaniBloeddrukTunisiëSlangKleinblouoorglansspreeuGoogle MapsWit-DonderdagNasionalismeDikdermSarah Rose KarrTarentaleFrankrykTaalwetenskappeIndo-Europese taleSenuweestelselWikinewsTale in Suid-AfrikaKatMangelontsteking🡆 More