Die Sowjetlugmag (Russies: Военно-воздушные силы, Wojenno-wozdoesjnije sili, letterlik Militêre Lugmagte) was die amptelike naam van een van die lugmagte van die Sowjetunie.
Die ander was die Sowjetlugverdedigingsmagte. Die lugmagte is in 1917 geskep uit komponente van die Keiserlike Russiese Lugdiens en het hul grootste toets tydens die Tweede Wêreldoorlog gehad. Die groepe was ook betrokke by die Korea-oorlog en het in 1991–'92 saam met die Sowjetunie self ontbind. Die Sowjetlugmag se bates is vervolgens verdeel in verskillende lugmagte van voormalige Sowjetrepublieke, waaronder die nuwe Russiese Lugmag.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Sowjetlugmag, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.