Soljanka (Russies: соля́нка) is 'n dik, suur sop van Russiese oorsprong wat algemeen genuttig word in Rusland, Oekraïne en ander state van die voormalige Sowjetunie en dele van die voormalige Oosblok.
Soljanka | ||
Soljanka met olywe. | ||
Soort gereg | Sop | |
Land | Rusland, Letland, Oekraïne | |
Hoofbestanddeel | Vleis, vis of sampioene, agurkies | |
Ander bestanddele | Aartappels, kool, suurroom en dille |
Daar is drie basiese soorte soljanka. Die hoofbestanddeel is vleis, vis of sampioene. Almal bevat agurkies met pekel, en dikwels kool, gesoute sampioene, aartappels, suurroom en dille. Die sop word berei deur die agurkies te kook voordat die ander bestanddele by die kragsop gevoeg word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Soljanka, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.