Sarah, Hertogin Van York

Sarah, Hertogin van York (Sarah Margaret Ferguson, gebore 15 Oktober 1959) is ’n voormalige lid van die Britse koninklike familie en ’n liefdadigheidswerker, skrywer en rolprentvervaardiger.

Sarah
Die Hertogin van York
Sarah, Hertogin Van York
"Fergie" by die Koninklike Walliese Skou.
Volle naam Sarah Margaret
Eggenoot Prins Andrew
(geskei 1996)
Kinders Prinses Beatrice
Prinses Eugenie
Titels Sarah, Hertogin van York
HKH die Hertogin van York
Mej. Sarah Ferguson
Huis Windsor
Vader Ronald Ferguson
Moeder Susan Barrantes
Gebore 15 Oktober 1959 (1959-10-15) (64 jaar oud)
Marylebone, Londen

Sy is die dogter van wyle majoor Ronald Ferguson en Susan Barrantes, en is die gewese vrou van prins Andrew, Charles III se jonger broer. Haar dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie, is onderskeidelik die 9de en 11de aanspraakmakers op die Britse troon. Sy is algemeen bekend as Fergie.

Afkoms

Sarah stam van die Britse adel – van die Huis van Stuart en die Huis van Tudor. Aan vaderskant is sy ’n afstammeling van koning Charles II van Engeland, van twee van sy buite-egtelike seuns. Sy is ’n agter-agterkleindogter van William Montagu-Douglas-Scott, 6de Hertog van Buccleuch en ’n agterkleindogter van Mervyn Wingfield, 8ste burggraaf Powerscourt. Haar ouma was Marian Louisa Montagu-Douglas-Scott, ’n niggie van lady Alice Christabel Montagu-Douglas-Scott wat ná haar troue met prins Henry, Hertog van Gloucester, prinses Alice, Hertogin van Gloucester geword het, ’n tannie van koningin Elizabeth.

Huwelik

Sarah en prins Andrew se romanse het in 1985 begin ná ’n effense konkelry deur Diana, Prinses van Wallis. Hulle het vroeg in 1986 verloof geraak en is op 23 Julie 1986 in die Westminster-abdy getroud. Die koningin het aan prins Andrew die titel Hertog van York gegee en Sarah het outomaties HKH die Hertogin van York geword. In 1987 het Sarah die eerste vrou in die koninklike familie geword wat haar private vlieënierslisensie kry.

Die Hertog en Hertogin van York het twee kinders, prinses Beatrice en prinses Eugenie.

Teen 1992 het die egpaar begin uiteendryf en Sarah is dikwels in die geselskap van ander mans gesien, veral die Texas-multimiljoenêr Steve Wyatt. Die egpaar het in Januarie 1992 besluit om van bed en tafel te skei. Hulle is eindelik in 1996 finaal geskei. Hulle is steeds goeie vriende en het hul dogters saam grootgemaak.

In Augustus 2008 het die koningin die hertogin genooi om ’n naweek saam met haar in Balmoral-kasteel in Skotland deur te bring om prinses Beatrice se verjaardag te vier. Dit is beskou as ’n deurbraak in die verhouding tussen die hertogin en die koninklike familie.

Boeke

Sarah, Hertogin Van York 
Sarah en haar dogters in 2004.
  • Budgie the Little Helicopter-boeke en geanimeerde TV-programme vir kinders:
    • 1989, Budgie the Little Helicopter
    • 1989, Budgie at Bendick's Point
    • 1991, Budgie and the Blizzard
    • 1992, The Adventures of Budgie
    • 1993, Budgie Goes to Sea
    • 1996, Budgie's Book of Colors
    • 1996, Budgie and Pippa Count to Ten!
  • 1995, Travels with Queen Victoria
  • 1996, My Story (outobiografie)
  • Vir jong meisies:
    • 1997, The Royal Switch
    • 1997, Bright Lights
  • Leefstylboeke met Weight Watchers:
    • 1998, Dining with The Duchess
    • 1999, Dieting with The Duchess
    • 2000, Win the Weight Game
    • 2001, Reinventing Yourself
    • 2002, Energy Breakthrough
  • 2003, What I Know Now: Simple Lessons Learned the Hard Way
  • 2003, Reflections. ’n Versameling foto's deur die hertogin.
  • 2003, Little Red
  • 2004, Little Red’s Christmas Story
  • 2006, Little Red’s Summer Adventure

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Sarah, Hertogin Van York AfkomsSarah, Hertogin Van York HuwelikSarah, Hertogin Van York BoekeSarah, Hertogin Van York VerwysingsSarah, Hertogin Van York Eksterne skakelsSarah, Hertogin Van York1959Brittanje

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Joodse feeste en herdenkingsKaartJaco JacobsGreen PornoJohn Samuel SchlesingerRenaissanceJagluiperdMigrasie van diereOntbossingIrma SternStedelike hitte-eilandOrtopedieBrongitisSokkerStruktuur van die AardeAustraliëMuskietGesonde dieetPlastiekJeugdagLiefdeKappie (skryfteken)Nag van die lang messeKatLetsiteleJan-Willem BreureMigrasie van voëlsHipoteseIronieDialoog in fiksieMaanEngelsAfrikaanse taalleerSoogdierBysteekWaterpokkiesOorstromingStaatstoelaeWieg van die MensdomVars waterKinderregteVoortrekkersLys van medisinale kruieAborsieKoolstofSelfvertroueKarpaletonnelsindroomSpreeuHematurieRob HersovSuid-Afrikaanse randKriekSlawernyEllipstekenSlangOnderhandelinge om apartheid te beëindigArabiesVlag van Suid-AfrikaHaasSeksismeMaroela MediaVergelykings (taalkunde)AsemhalingDeelwoordAdolf HitlerKarakteriseringEkonomiese sektorLongBraaiLys van elemente volgens simboolSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeJudaïsmeDuitse maselsMoedersdagOmgewingskwessies in Suider-AfrikaLongontstekingKoerant🡆 More