Prinses Beatrice Van York

Prinses Beatrice (Beatrice Elizabeth Mary; gebore 8 Augustus 1988) is 'n lid van die Britse koninklike familie.

Sy is die oudste dogter van prins Andrew, Hertog van York, en Sarah, Hertogin van York. Met haar geboorte was sy die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon, maar sy is nou negende. Sy het 'n jonger suster, Eugenie.

Prinses Beatrice Van York
Prinses Beatrice van York, 2018

Beatrice is in die Portland-hospitaal in Londen gebore. Sy het by St George's School, Ascot, skoolgegaan voordat sy aan Goldsmiths College gestudeer het en 'n baccalaureusgraad in geskiedenis behaal het. Sy was 'n kort tydjie by buitelandse sake en Sony Pictures werksaam voordat sy by die sagtewaremaatskappy Afiniti as visepresident van strategiese vennootskappe aangesluit het. Beatrice werk ook privaat saam met 'n aantal liefdadigheidsorganisasies, insluitend die "Teenage Cancer Trust" en "Outward Bound".

Haar ouers is op goeie terme geskei toe sy sewe jaar oud was. Die hertog en hertogin van York het ingestem tot gesamentlike toesig oor hul twee kinders. Beatrice en haar suster het gereeld saam met een of albei hul ouers na die buiteland gereis.

Beatrice is in 2020 met Edoardo Mapelli Mozzi, 'n eiendomsontwikkelaar, getroud. Hul eerste dogter, Sienna Elizabeth, is op 18 September 2021 gebore.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Britse troonopvolgingPrins Andrew, Hertog van YorkPrinses Eugenie van YorkSarah, Hertogin van York

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale VrouedagRenaissanceApartheidSportPropagandaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaWeervoorspellingCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van Afrika-landeBreinkaartMondJSEGreen PornoSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994VersoeningsdagPerdLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKameelperdJewgeni PrigozjinRenteDrinkwatervoorsieningCarles PuigdemontAntisemitismeEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaLys van politieke partye in Suid-AfrikaSonnetNarsismeElektrolietWet op NaturellengrondKangaroeKunsmatige algemene intelligensieGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaNatuurlike hulpbronVleilandOrale seksDuitslandSamestellende afleidingAmateurradioAnale seksVigsDroogteKerngeneeskundeWerkloosheidLieweheersbesieVlag van Suid-AfrikaKlimaatveranderingDirekte en Indirekte redeBloemfonteinWinnie Madikizela-MandelaMark (ekonomie)TaalKrapHulpwerkwoordJo BlackAfleiding (taalkunde)NetbalAkuutTelkomWelwillendheidsdagHorlosieBrandbergMonopolyKarooPerdebyeNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartySias ReineckeKriekDistrik SesDokterAngssteuringSlangKunselementeMierKoerant🡆 More