Perkūnas (Litaus: Perkūnas, Lets: Pērkons, Pruisies: Perkūns, Jotwingies/Sudowies: Perkus) is die Baltiese hemels- en dondergod en een van die belangrikste godhede in die Baltiese pantheon.
Sy naam word soms as 'n sinoniem vir 'n donderstorm gebruik. Die Oud-Pruisiese woord percunis word slegs in die Elbingse Woordelys genoem en hier met "donder" vertaal – daar is geen verwysings na 'n mitologiese of religieuse betekenis nie.
| |
---|---|
Hoofartikels | |
Baltiese godsdiens | |
Hoofgodhede | |
Perkūnas · Gabija · Žemyna · Dievas | |
Heiligdomme en aanbidding | |
Alka · Romuva · Boomkultus | |
Rekonstruksie | |
Baltiese neopaganisme | |
|
In die Litause en Letse mitologie en godsdiens is Perkūnas as die god van donder, reën, berge, eikebome en as hemelsgod gedokumenteer. Hy is een van die godhede in die Baltiese pantheon waarna die meeste verwys word en ook vandag nog algemeen bekend. In die Nieuheidense bewegings van Litaue en Letland speel Perkūnas 'n sentrale rol.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Perkūnas, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.