Mitologie Penelope

Penelope (Grieks: Πηνελόπεια/Πηνελόπη) is ’n karakter in die Griekse mitologie.

In Homeros se Odussee is sy die getroue vrou van Odusseus wat haar vryers aan ’n lyntjie hou tydens haar man se lang afwesigheid.

Mitologie Penelope
Odusseus en Penelope, deur Francesco Primaticcio (1563).

Rol in die Odussee

Penelope is die vrou van die hoofkarakter, Odusseus, die koning van Itaka. Sy het net een seun by hom, Telemachos, wat gebore is net voordat Odusseus in die Trojaanse Oorlog gaan veg het. Sy wag 20 jaar vir haar man om terug te keer – Oduseus veg tien jaar lank in die oorlog en reis daarna nog tien jaar lank. In dié tyd doen sy haar bes om die huweliksaansoeke van 108 vryers van die hand te wys.

Toe Odusseus eindelik terugkeer, vermom as ’n ou boemelaar, vind hy uit Penelope het getrou gebly aan hom. Sy het allerhande maniere uitgedink om haar vryers te laat wag. Een daarvan was om voor te gee sy spin ’n begrafniskleed vir Odusseus se bejaarde pa, en dat sy daarna tussen hulle sal kies. Drie jaar lank trek sy elke aand ’n stuk van die kleed los, totdat iemand haar verraai.

Ná die vermomde Oduseus se terugkeer kondig Penelope aan dat sy sal trou met wie ook al Odusseus se stram boog kan span. Natuurlik is Odusseus die enigste een wat dit regkry en hy wen die kompetisie. Daarna begin hy die vryers doodmaak.

Odusseus se identiteit is nou bekend, maar Penelope kan nie glo dis regtig haar man nie. Sy is bang dis die een of ander god wat hom soos Odusseus vermom het. Sy besluit om hom te toets en gee haar kamermeisie opdrag om die bed in hul slaapkamer te skuif. Odusseus sê egter dit kan nie gedoen word nie omdat hy self die bed gemaak het en die een poot ’n lewende olyfboom is. Eindelik aanvaar Penelope Odusseus se identiteit.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Penelope

Bronne

  • Finley, M.I. The World of Odysseus, Londen. Pelican Books (1962)
  • Atwood, Margaret. The Penelopiad – dit vertel die verhaal van Odusseus uit Penelope se oogpunt
  • Seth L. Schein, ed. (1996). Reading the Odyssey: Selected Interpretive Essays. Princeton University Press. ISBN 0-691-04440-6.

Eksterne skakel

Tags:

Mitologie Penelope Rol in die OdusseeMitologie Penelope VerwysingsMitologie Penelope BronneMitologie Penelope Eksterne skakelMitologie PenelopeGrieksGriekse mitologieHomerosOdusseeOdusseus

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Venda (taal)LiefdeTafelbergBeroerteAlkoholisme7de LaanDiarreeRobbeneilandMaagLeierskapGevolge van aardverwarming op oseaneGoogle TranslateOu Apostoliese KerkDroomPrimêre sektor van die ekonomieSuid-SothoAngssteuringGalblaasEmfiseemOnse VaderLys van bekende Suid-AfrikanersLieweheersbesieMenseregtedagSeisoenKlereNatuurrampHeidelberg, GautengOligopolieInligtingChatGPTWoordPampoentjiesGoudWelwillendheidsdagBakterieDrinkwatervoorsieningAngina pectorisKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVerkragtingEuropaJSEMobutu Sese SekoLugbesoedelingSeksualiteitMonopolieDawidKommunikasieGeboorteBosluisbytkoorsMeningsverskil oor aardverwarmingPerdebyeGeldChristiaan Frederik BeyersKaapstadTennisWitbankHamburgerBerghaanAfrikaansSoogdierLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsGeslagWiskundeLuiperdOm-te-infinitiefkonstruksieSkoenlapperNiemetaalWiki CommonsVoorvoegselHomoniemKatoenVincent van GoghVoorsetselAluminiumLidwoord🡆 More