Oppervlakmontering is 'n metode wat gebruik word om elektroniese komponente op 'n gedrukte stroombaan te monteer, sonder die gebruik van verbindingsdrade wat in die tradisionele metode van deurgatmontering gebruik word.
Die elektroniese komponente wat in oppervlakmontering gebruik word, word oppervlak-gemonteerde komponente of oppervlak-gemonteerde toestelle (OGT's) genoem. Die Engelse benaming vir oppervlakmontering is Surface Mount Technology (SMT).
Oppervlakmontering het ontstaan in die Verenigde State van Amerika in die laat 1960's. Hierdie tegnologie was aanvanklik slegs gebruik vir ontwikkelingswerk in die militêre industrie in die VSA. Later in die 1960's het 'n Europese maatskappy, Philips, 'n klein oppervlakmontering geïntegreerde stroombaan ontwikkel vir die gebruik in horlosies. Vroeg in die 1970's het Japan begin om oppervlakmontering te gebruik in die vervaardiging van sakrekenaars. Oppervlakmontering het later in die 1970's baie populêr geword in die vervaardiging van elektroniese verbruikersware in Japan. In die 1980's het die gebruik van oppervlakmontering wêreldwyd toegeneem in die vervaardiging van hoë volume produkte soos telekommunikasie produkte en digitale rekenaars. Vandag word oppervlakmontering wêreldwyd op groot skaal gebruik vir die vervaardiging van 'n groot verskeidenheid van elektroniese produkte soos byvoorbeeld digitale kameras, selfone, en televisies.
Die oppervlakmonteringsproses is 'n geoutomatiseerde proses om oppervlakgemonteerde komponente of oppervlakgemonteerde toestelle op 'n gedrukte stroombaan te monteer en te soldeer. Die proses het 3 stappe:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Oppervlakmontering, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.