Ondermaanse

Die ondermaanse is ’n begrip in Arestoteliaanse fisika wat uit die Griekse sterrekunde kom.

Dit is die deel van die kosmos onder die maan, met die aarde as middelpunt, wat bestaan uit die vier klassieke elemente: aarde, water, lug en vuur.

Ondermaanse
Aristoteles.
Ondermaanse
Copernicus.

Die ondermaanse was in die klassieke sterrekunde die sfeer van die veranderlike natuur; alles bo die maan – die streek van die eter waar die planete en sterre geleë is – was permanent en onveranderlik. Die natuurkragte het net in die ondermaanse sfeer gegeld.

Ontwikkeling van die idee

Plato en Aristoteles het in die antieke tyd die oorspronklike teorie van ’n ondermaanse sfeer help formuleer. Dit het gewoonlik gepaard gegaan met die begrip geosentrisme – dat die aarde die middelpunt van die heelal is.

Avicenna het die Aristoteliaanse idee dat veranderings en korrupsie tot die ondermaanse beperk is, tot in die Middeleeue gevoer. Middeleeuse skolastici soos Thomas Aquinas – wat in sy werk Summa Theologica die verdeling tussen die hemelse en die ondermaanse sfeer op ’n kaart aangedui het – het ook met Cicero en Lucanus saamgestem dat daar ’n groot grens is tussen die Natuur en die Lug, die ondermaanse en die eteriese sfeer.

Die teorieë van Copernicus het egter hierdie siening begin verander. Daarbenewens het Tycho Brahe se waarnemings van ’n nuwe ster ("nova") en van komete in die veronderstelde onveranderlike hemelruim dié idees verder in die wiele gery.

Verwysings

Verdere leesstof

  • J. Barnes, Aristotle (1982)
  • M.A. Orr, Dante and the Medieval Astronomers (1956)
  • Thomas Kuhn, The Copernican Revolution (1957)

Eksterne skakels

Tags:

Ondermaanse Ontwikkeling van die ideeOndermaanse VerwysingsOndermaanse Verdere leesstofOndermaanse Eksterne skakelsOndermaanseAardeAntieke GriekelandAristotelesKlassieke elementLugMaanSterrekundeVuurWater

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MIVSaartjie BaartmanWetenskaplike klassifikasieLien se lankstaanskoeneGamelanLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAnale kankerRymHeks van HexrivierParoniemSuid-Afrikaanse randSiya KolisiDominique Strauss-KahnSeksAborsie in Suid-AfrikaNatriumKoppeltekenPapierSonnestelselSkilpadNiemetaalWerkersdagVraag en aanbodAfrikaBloedsomloopstelselAdolf HitlerLongMenseregteNatuurrampDriehoekHemelvaartsdagPlae van EgipteProteaAnusVolkspeleAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeJoodse kalenderInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidOsoonlaagGroepsgebiedewetSwawelAsjantirykAnrich HerbstVarkAfrikaners is plesierigSikloonAspoestertjieTuberkuloseGetalTennisSkildklierLuiperdJakarandaGesonde dieetUitwerking van klimaatsveranderingGroot DepressieKrokodilWikimedia-stigtingKorrupsieGevolge van aardverwarming op oseaneBoesmanDieremishandelingKoos KombuisHoofstadGemeenskapsorganisasieAfkortingTweede Nuwe JaarPerdLeeuFranse RewolusieDie ontstaan van die dramaWaarheid-en-versoeningskommissieMorfologie (taalkunde)LugbesoedelingSinoniem🡆 More