Ng Gemeente Capital Park

Die NG gemeente Capital Park was ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Pretoria, maar dit het later met Capital Park-Oos saamgesmelt as Capital Park-Concordia.

Ng Gemeente Capital Park
Ds. J.J. Driescher, leraar van 1947 tot 1954.
Ng Gemeente Capital Park
Die NG kerk Capital Park.
Ng Gemeente Capital Park
Ds. J.J.G. Loots, leraar van 1941 tot 1949, en van 1963 tot sy aftrede op 23 Maart 1969 van Capital Park-Oos.
Ng Gemeente Capital Park
Ds. C.J. Hattingh, leraar van 1955 tot 1958.
Ng Gemeente Capital Park
Ds. P.W. de Lange is in 1957 hier ontvang en bevestig, maar op 8 Mei 1959 in die amp oorlede.

Stigting

Die gemeente Capital Park is op 16 Junie 1941 met ongeveer 1 000 lidmate gestig. Voor afstigting was Capital Park 'n wyk van die gemeente Eloffsdal, waar ds. B.H. Swart destyds leraar was. Die eerste leraar van Capital Park was ds. J.J.G. Loots, wat die gemeente byna agt jaar bedien het. Die kerksaal, wat deur die lidmate van wyk Capital Park opgerig en met afstigting deur die moedergemeente as bruidskat aan die dogter geskenk is, is in 1942 tot sy huidige formaat vergroot.

Toe die ledetal in 1945 te veel geword het om deur een leraar behartig te word, is ds. Hoffie Louw (toe nog proponent) as hulpleraar aangestel. Ná sy aanname van 'n beroep na die gemeente Loubser in Kenia, het die kerkraad besluit om 'n medeleraar te beroep. As eerste medeleraar is ds. L.J. Heyns in Februarie 1946 bevestig. Hy is in September 1947 deur die volgende leraar van die gemeente, ds. J.J. Driescher, opgevolg.

Capital Park-Oos stig af

Ná die vertrek van ds. Loots na Bethlehem-Wes aan die begin van 1949, het die Sinodale Uitbreidingskommissie 'n brief aan die kerkraad gerig met die versoek om, alvorens tot die opvulling van die vakature en die voorgenome kerkbou oorgegaan word, eers ernstige aandag aan die moontlikheid van afstigting te skenk. Eindelik is op 25 Oktober 1949 besluit om die gemeente in twee en die bates gelykop te verdeel. Hierdie verdeling het meegebring dat die westelike deel van die gemeente – wat onder gewone omstandighede die afstigtende deel sou moes gewees het, omdat die kerksaal die ooste geleë is – tot moedergemeente verklaar is, om gebruik te kon maak van die toegestane permit tot kerkbou.

Die oostelike deel is dus in Desember 1949 tot die gemeente Capital Park-Oos afgestig en behou die kerksaal as plek van aanbidding, terwyl die weste, as moedergemeente, met 'n boufonds van iets oor die £5 000, dadelik tot kerkbou oorgegaan het en hulle intussen behelp het met die hou van hul eredienste 'n tent, 'n bioskoopsaal of in 'n Wesleyaanse kerksaaltjie.

Kerkbou

Op 13 Mei 1950 is die eerste sooi gesteek, op 24 Junie die hoeksteen gelê en op 9 Desember van dieselfde jaar is 'n sierlike en doelmatige kerkgebou ingewy. In 1952 het Ons gemeentelike feesalbum berig: “Die Here het hierdie jong ou gemeente wonderlik geseën. Ons kerkskuld staan wel nog op 'n aansienlike syfer, maar die samewerking is hartlik en op allerlei oorspronklike maniere word (geld) ingesamel. Die bloeiende verenigingslewe word deur 'n gees van saamstaan gekenmerk, en daar is 'n flinke kerkkoor, 'n knap orrelis en ander amptenare en 'n span gewillige kerkraadslede.

Enkele leraars

  • Jozua Johannes Georg Loots, 1941–1949
  • Jacobus Johannes Driescher, September 1947–1954
  • Cornelis Johannes Hattingh, 1955–1958
  • Pieter Willem de Lange, 1957–8 Mei 1959 (oorlede in die amp; hy was 52 jaar oud)

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ng Gemeente Capital Park StigtingNg Gemeente Capital Park Capital Park-Oos stig afNg Gemeente Capital Park KerkbouNg Gemeente Capital Park Enkele leraarsNg Gemeente Capital Park BronneNg Gemeente Capital Park VerwysingsNg Gemeente Capital Park Eksterne skakelsNg Gemeente Capital ParkNederduitse Gereformeerde KerkPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eben EtzebethLys van medisinale kruieMahatma GandhiGreen PornoLiefdeProteaGeldBergAntisemitismeVars waterMagnetismeBesoedelingDolfynAfkortingEskomDroogteKrieketMiddeloorontstekingPolitieke partyNarsismeAktuarisNedersettingDoelwitSiya KolisiEpilepsieVaginaBeroerteGalblaasOrtopedieAppel (sanger)Las (rekeningkunde)Omgewingskwessies in Suider-AfrikaKasterolieRuslandSonHorlosieAtoomKuberkrakerWiskundige terminologieGeskiedenis van kindermishandelingKerngeneeskundeNoordwesReënspinnekopOnderwysWewervoëlsWikimedia-stigtingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidToerismeVolksmoordSamestellende afleidingVerkragtingLys van kinderspeletjiesWinterHipertensieAnusErosietipesAanhalingstekensDermpoliepVersamelnaamGroenLugbesoedelingAprilKwosiëntRooms-Katolieke KerkVoëlBreinkaartKarooBrugGiuseppe GuarneriLys van politieke partye in Suid-AfrikaItaliëPoesFransVenus🡆 More