Die Mikojan-Goerewitsj MiG-23 (Russies Микоян и Гуревич МиГ-23; NAVO verslagnaam: Flogger) is 'n veranderlike geometrie vegvliegtuig, ontwerp deur die Mikojan-Goerewitsj ontwerpburo in Moskou in die voormalige Sowjetunie.
Dit is 'n Sowjet-derdegeslag-vegvliegtuig, met soortgelyke ouderdom as ander Sowjetvegters soos die MiG-25 "Foxbat".
MiG-23 "Flogger" | |
---|---|
'n MiG-23MLD van die Sowjetlugmag | |
Tipe | |
Vervaardiger | Mikojan |
Ontwerp deur | Mikojan |
Nooiensvlug | 10 Junie 1967 |
Bekendstelling | 1970 |
Status | In diens by buitelandse lugmagte |
Hoofgebruikers | Russiese Lugmag (histories) Siriese Lugmag Egiptiese Lugmag Libiese Lugmag Jemense Lugmag Bulgaarse Lugmag |
Vervaardig | 1967–1985 |
Aantal gebou | 5 047 |
Weergawes | MiG-27 |
Dit was die eerste poging deur die Sowjetunie om afkyk/afskietradar te gebruik en een van die eerste modelle om bewapen te word met buite-sigafstand missiele, en die eerste MiG produksievegvliegtuie om innames aan die kante van die romp te hê. Produksie het in 1970 'n aanvang geneem en bereik 'n groot aantal met meer as 5 000 vliegtuie gebou tot 1985. Die MiG-23 is tans steeds in beperkte gebruik by verskeie uitvoerkliënte.
Die MiG-23 se ontwerp is ook gebruik as basis vir die Mikojan MiG-27, 'n toegewyde grondaanvalvariant. Onder klein veranderinge, is die MiG-23 se neusgemonteerde radarstelsel in die MiG-27 vervang met 'n optiese paneel met 'n laseraanwyser en 'n TV-kamera. Grondaanvalweergawes van die MiG-23 is ook geproduseer en het groter uitvoersukses behaal as gevolg van sy multi-sendingvermoë.
In verslae van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) word na die MiG-23 as Flogger verwys.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article MiG-23, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.