Mary Renault: Engelse skrywer

Mary Renault (4 September 1905 – 13 Desember 1983) is die skrywersnaam van Mary Challans.

Sy was 'n leerling van Clifton High School in Bristol, waarna sy verder aan die St. Hugh's College en Radcliffe Infirmary in Oxford gestudeer het.

Mary Renault
Gebore
Eileen Mary Challans

(1905-09-04)4 September 1905
Forest Gate, Essex, Engeland
Sterf13 Desember 1983 (op 78)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materSt Hugh's College, Oxford
BeroepRomanskrywer, historikus, verpleegster
EggenootJulie Mullard
Ouer(s)Frank Challans
Mary Clementine Newsome Baxter Challans

Sy het haar opleiding as verpleegster in 1937 voltooi. Van 1939 af en gedurende die Tweede Wêreldoorlog het sy as verpleegster gewerk, maar terselfdertyd ook begin skryf. Haar eerste roman, The purposes of love, het reeds in 1939 verskyn. Na die oorlog het sy verskeie reise onderneem, onder meer na Griekeland en Kreta, voordat sy haar in 1948 in Suid-Afrika gevestig het. As romanskryfster het sy bekend geword veral vanweë haar uitbeelding van die Klassieke tyd en die lewe in die Oudheid.

Die drie romans The last of the wine (1956). The king must die (1958) en The bull from the sea (1962) handel al drie oor die Griekse verlede en is al drie deur die kritici geloof vanweë die korrektheid van die historiese detail daarin vervat. In 1966 het The mask of Apollo gevolg.

Sy het haar biografie van Alexander die Grote in Fire from heaven (1970) begin en die Silver Pen Award van P.E.N. International in 1971 daarvoor ontvang. Sy het die biografie voortgesit in The Persian boy (1972). wat later een van haar beste verkopers geword het. Renault het, afgesien van 'n aantal ander romans met 'n Klassieke tema, ook enkele romans met ’n hedendaagse en oorlogstema geskryf.

Sy sterf op 13 Desember 1983 in Kaapstad.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Tags:

BristolOxford

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrtopediePlae van EgipteKunsmatige algemene intelligensieSomerHulpwerkwoordSosiale mediaHoofkarakterGeskiedenis van AfrikaansSelfoonReënspinnekop3D-rolprentAtriale fibrillasieKatjieWitbloedsel20ste eeuKultuurPaddaAardverwarmingSlawernyGeografie van Suid-AfrikaDroomKerrieProteaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalBateBeëdigde verklaringDriedimensioneelVolstruisOnderhandelinge om apartheid te beëindigGlasFotosinteseKlimaatsverandering in AfrikaOntwerpAfrikanernasionalismeGianna MichaelsStadSeisoenLuiperdSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePapierNommertekenStollingsgesteenteAardedagVrouCristiano RonaldoKrapEweknienetwerkUniegebouIndustriële RevolusieSpringbokkeDistrik SesVaginale kankerKonsentrasiekampAlkoholismeMaatskappySamestellingJeuksiekteWêreld- Ekonomiese ForumPreseminale vloeistofDiarreeSamestellende afleidingOu Apostoliese KerkMetaalJansenvilleHartversakingMenseregteVincent van GoghBrittany Ashton HolmesAborsieMisdaadEngelsWerkwoordAdolessensieLys van bekende Suid-AfrikanersKontinentAl-FatihaNoord-Sotho (taal)🡆 More