Lugtemperatuur

Lugtemperatuur is die meting van hoe koud of warm die lug is.

Die son is die bron van alle hitte-energie. Die son se energiegolwe beweeg deur die atmosfeer sonder om dit te verhit. Wanneer hierdie golwe die aarde bereik, absorbeer die grond die energie in die vorm van hitte en straal dit terug na die atmosfeer. Die atmosfeer word dus van onder af verhit.

'n Termometer is 'n instrument wat lugtemperatuur meet. Temperatuur word gewoonlik in grade Celsius (°C) aangegee. Maksimum- en minimumtermometers word algemeen gebruik. Dit is termometers wat in pare gebruik word, met merkers wat die hoogste en laagste temperatuur aandui. Hierdie termometers moet telkens nadat die temperature gemeet is, weer teruggestel ("reset") word sodat hulle gereed is vir 'n volgende lesing. Die maksimumtermometer is 'n kwik-in-glas-termometer omdat kwik geskik is om hoë temperature mee te meet. Die minimumtermometer is 'n alkohol-in-glas-termometer omdat alkohol geskik is om lae temperature mee te meet. 'n Termograaf meet die lugtemperatuur op 'n voortdurende basis.

Tags:

AtmosfeerLugSon

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RefleksieReënspinnekopAB de VilliersMaagsweerSinkConsolidated B-24 LiberatorSeisoenAustraliëLys van Afrikaanse rolprenteTemperatuurSelfmoordDemi Lee MooreBreinvliesontstekingNoordwesDikdermAvbobWaarheid-en-versoeningskommissieLys van Afrika-landeAfkortingSekondêre sektor van die ekonomieGeslagDigtheidRenteEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNederlandsRooilipslangGasLeestekenUitwerking van klimaatsveranderingTolla van der MerweAluminiumAkroniemMiddeloorontstekingTsoenamiSint JorisdagSuid-Afrikaanse WeermagBeaufortskaalAnale kankerSteve BikoMisdaadAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeJode in Suid-AfrikaBelastingVerkouePesachHartMidde-OosteKewerBosbokBloutongsiekteMagnetismeSkoenlapperImpakte van toerismeSarel Jacob PretoriusDubbelpuntDermpoliepKontinentMaselsNoord-Sotho (taal)DolfynOos-KaapAnneli van RooyenSeksualiteitVratLys van kinderspeletjiesSuurreënLika BerningJakkalsDigvormSprokieBywoordGoogle TranslateLys van Suid-Afrikaanse musikante🡆 More