Doupunt

Die doupunt is die temperatuur tot waar 'n gegewe hoeveelheid lug afgekoel moet word by 'n konstante lugdruk om waterdamp te kondenseer.

Doupunt
Doupunt
Subklas vanphysical quantity, thermodynamic temperatureWysig
Faset vandouWysig
Bestudeer deurtermodinamikaWysig
ISQ dimensionWysig
Approximation algorithmMangus formulaWysig
Quantity symbol (LaTeX)Wysig
Recommended unit of measurementkelvinWysig

Die gekondenseerde water word dou genoem. Die doupunt is 'n versadigingspunt. As die doupunt-temperatuur onder vriespunt daal word daar nie dou gevorm nie maar ryp.

Doupunt
Spinnerak met dou

Die doupunt hang af van die relatiewe humiditeit (voggehalte) van die lug. 'n Hoë relatiewe humiditeit dui daarop dat die doupunt nader aan die lugtemperatuur is. 'n Relatiewe humiditeit van 100% dui daarop dat die doupunt gelykstaande is aan die heersende lugtemperatuur en dat die lug versadig is met water. As die doupunt konstant bly en die lugtemperatuur verhoog, sal die relatiewe humiditeit afneem.

By 'n gegewe lugdruk en onafhanklik van die lugtemperatuur is die doupunt 'n aanduiding van die molfraksie water in die lug en daarom bepaal dit die spesifieke voggehalte van die lug. Die doupunt is 'n belangrike maatstaf vir weerkundiges, vlieëniers en ontwerpers van verkoelingstelsels.

Konstante druk

By 'n gegewe lugdruk, onafhanklik van die lugtemperatuur, is die doupunt 'n aanduiding van die molfraksie waterdamp in die lug of, anders gestel, is dit 'n aanduiding van die spesifieke voggehalte van die lug – of steeds anders verwoord die verhouding van water tot lug. As die lugdruk styg sonder dat die voginhoud verander word, sal die doupunt ook styg en sal die water by 'n hoër temperatuur begin kondenseer. As die doupunt by Johannesburg en Durban dieselfde is, beteken dit dus dat daar meer vog in die lug in Johannesburg is (waar die lugdruk laer is).

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

KondensasieLugRypTemperatuur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Tweede VryheidsoorlogSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024MonumentMorfologie (taalkunde)Afrikaanse woordelys en spelreëlsOrthopteraEufemismeOnbemande vliegtuigDuitse maselsPrimêre sektor van die ekonomieOogproblemeHartJacobus Hendrik PierneefUitwerking van klimaatsveranderingRivierOm-te-infinitiefkonstruksieEienaamSeisoenVars waterDooie SeeOmtrek, oppervlakte en volumeVoegwoordOmgewingsgesondheidLiewe HeksieStruktuur van die AardeGrondwetKlimaatsverandering in Suid-AfrikaWoudAkkedisWerwelkolomPersoonlikheidIranse aanval op Israel in 2024Koue OorlogHoofpynToestand van materieDaggaMenslike skeletRefentse MorakeMohammedCyril RamaphosaImpakte van toerismeKookpuntHoenderBorskankerKarooMonopolieVryheidsdagNedersettingBloedsomloopstelselLenteAngolaGrondbesoedelingMiddeleeueVrouAnale seksVrymesselaryDemografie van Suid-AfrikaAnette EngelbrechtSwart nasionalismeMeningsverskil oor aardverwarmingWikiquoteHibernasieHomofoonBoer Soek 'n VrouVeeNamibiëLewerVlag van Suid-AfrikaLeeuEngelandPersoon (taalkunde)Fibonacci-reeksKompas🡆 More