Laura Chinchilla

Laura Chinchilla Miranda (* 28 Maart 1959 in San José) is 'n Costa Ricaanse politoloog wat op 8 Mei 2010 as staatspresident van dié Sentraal-Amerikaanse land en opvolger van Óscar Arias ingesweer is.

Sy is die eerste vrou wat hierdie amp beklee het en is op 8 Mei 2014 opgevolg deur Luis Guillermo Solís.

Laura Chinchilla
Laura Chinchilla
Laura Chinchilla in 2008

President van Costa Rica
Ampstermyn
8 Mei 2010 – 8 Mei 2014
Vise Alfio Piva
Voorafgegaan deur Óscar Arias
Opgevolg deur Luis Guillermo Solís

Persoonlike besonderhede
Gebore 28 Maart 1959 (1959-03-28) (65 jaar oud)
San José, Costa Rica
Politieke party Nasionale Bevrydingsparty
Eggenoot/-note José María Rico (2000–hede)
Kind(ers) 1 seun
Alma mater Universiteit van Costa Rica
Georgetown University

Laura Chinchilla is die dogter van Rafael Ángel Chinchilla Fallas wat tussen 1972 en 1987 as kontroleur en ouditeur-generaal van Costa Rica gedien het, en Emilce Miranda Castillo. Sy het politieke wetenskappe aan die Universiteit van Costa Rica gestudeer en 'n meestersgraad in openbare politiek aan die Georgetown-universiteit behaal.

Sy het haar politieke loopbaan as raadgewer vir regtelike en veiligheidsake in Latyns-Amerika en Afrika in verskillende internasionale organisasies begin. Sy was daarnaas spreker van 'n reeks internasionale forums vir openbare veiligheid en polisiekwessies. Tussen 1994 en 1996 het sy die amp van viseminister van justisie en tussen 1996 en 1998 dié van minister van openbare veiligheid beklee.

Ná die oorwinning van die PLN in die presidensiële verkiesing van 2006 is Laura Chinchilla as eerste visepresident in die kabinet van president Óscar Arias benoem. Sy het in dié amp tot en met 8 Oktober 2008 waargeneem en daarna as kandidaat van haar party aan die verkiesingsveldtog vir die presidensiële verkiesing van 2010 deelgeneem. Sy het 47 persent van die uitgebragte stemme gekry, teenoor 'n stemaandeel van slegs 25 persent vir die linkse kandidaat Ottón Solís.

Laura Chinchilla is getrou en het 'n seun.

Eksterne skakels

Tags:

1959201028 Maart8 MeiCosta RicaSan José, Costa RicaÓscar Arias

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WoordMikro-ekonomieWoordeboek van die Afrikaanse TaalAtoomPankreasBeaufortskaalHoenderRooiKoekie (rekenaarwetenskap)SkilpadRosa ParksSharpeville-slagtingWaterMobutu Sese SekoAngina pectorisKarakteriseringHelpmekaar-kollegeBokmakierieLugbesoedelingVerstedelikingGestremdheidMosesLiesbreukXHTMLApostoliese GeloofsbelydenisLys van chemiese elemente volgens atoomgetalAardbewingWikimedia-stigtingDiarreeSuikersiekteGesondheidSamestellende afleidingWet op Afsonderlike GerieweSlag van Cuito CuanavaleLys van Afrika-landeSelfstandige naamwoordDolfynKolitisBrongitisWortelkanaalPomeloGoudVolhoubare ontwikkelingSeksuele opwekkingMenslike seksuele gedragAfrikaanse TaalmonumentNylsvley-natuurreservaatNag van die lang messeVisSteenkool in Suid-AfrikaRuan JoshLyfstraf in skoleRina HugoRivierKlinkerRegAbstraksie (rekenaarwetenskap)Peperbus, FraserburgAfrikaanse taalleerOndernemingsvormLeonardo da VinciProstaatkankerMikroskoopPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGautengCristiano RonaldoRobbeneilandXhosaAardeKoedoeFinale OplossingVormAnale seksWortel🡆 More