Jeanette Toerien

Jeanette Johanna van Sulk Toerien (21 November 1875 – 13 Januarie 1931 was 'n Suid-Afrikaanse komponis.

Jeanette Toerien
Jeanette Toerien het blykbaar nie hertrou ná die dood van haar man, ds. J.R. Hugo, in 1914 nie.

Toerien was die jongste suster van die digter J.P. Toerien, wat onder skuilnaam Jepete geskryf en verantwoordelik was vir die Afrikaans-Hollandse woorde van die eerste strofe van die volksliedjie Sarie Marais. Toerien het op 24 Oktober 1903 in die huwelik getree met ds. Jacobus Rudolph Hugo, wat op 7 Oktober 1914 oorlede is. Hulle het nie kinders gehad nie. Hy was van 1902 tot 1907 predikant van die NG gemeente Rossville en van 1907 tot sy dood in die ouderdom van 38 van die NG gemeente Niekerkshoop. ’n Marmerplaat hang binne-in die kerk ter herinnering aan hom.

Toerien was baie musikaal aangelê en voor haar huwelik was sy musiekonderwyseres in die Paarl. Sy het die musiek vir verskillende liedere van haar broer gekomponeer, soos Afrikaner liid en De zon verdween aan hemeltrans. 'n Enkele daarvan is opgeneem in die bundel 20 Afrikaanse lidere met musiik (1904).

Bronne

  • (af) Nienaber, P.J. 1947. Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Johannesburg: L. & S. Boek- en Kunssentrum.

Tags:

13 Januarie1875193121 NovemberSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVormSeekoeiRekeningkundeLetterlike en figuurlike taalgebruikGordelroosSwahiliVoedingPastoorMadison IvyInfrastruktuurBorskankerLionel PetersonHoofkarakterDrake (musikant)HeuningPeach van PletzenAnrich HerbstDierCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLys van myne in Suid-AfrikaEkonomiese sektorSeksposisieKasteel die Goeie HoopTweede VryheidsoorlogPlatoSpelerposisies in rugbyAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDuitslandBoelieryToerismeTierboskatEngelsInflasieIllse RoosSlawernyMaroela MediaBruin menseKlavierDie GelofteSendelingposisieNatuurlike hulpbronSaartjie BaartmanNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMaatskappyLeeuHadedaSitrusSeksismeAkuutLugbesoedelingKoöperasiestoriesBynierMasjienAfrikaanse woordelys en spelreëlsSomerInligtingVersamelnaamLys van Afrika-landeKuberkrakerGroepsdrukVryheid van spraakAnale kankerEreksieGeskiedenis van Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNaaldekokerOrlando, FloridaKoorsNieuwoudtvilleKanadaArmoedeverligtingEkotoerismeAluminiumRooikat🡆 More