Jan Van Lancaster, 1Ste Hertog Van Bedford

Jan van Lancaster, 1ste Hertog van Bedford (Engels: John of Lancaster, 1st Duke of Bedford; 20 Junie 1389 – 14 September 1435), wat ook as John Plantagenet bekend was, was die derde oorlewende seun van koning Hendrik IV van Engeland by Mary de Bohun, en het as regent van Frankryk opgetree vir sy kleinneef koning Hendrik VI.

Engelse koninklikes
Huis van Lancaster
Jan Van Lancaster, 1Ste Hertog Van Bedford
Wapenskild van Plantagenet
Hendrik IV
   Hendrik V
   Jan, Hertog van Bedford
   Thomas, Hertog van Clarence
   Humphrey, Hertog van Gloucester

Jan Van Lancaster, 1Ste Hertog Van Bedford
Jan van Lancaster, 1ste Hertog van Bedford (links).

Sy broer koning Hendrik V het hom in 1414 aangestel as Graaf van Kendal, Graaf van Richmond en Hertog van Bedford. Op 14 Junie 1423 het hy in Troyes met Anna, dogter van Jan sonder Vrees, getrou. Ná Anna se dood tydens kraam in 1432 het hy met Jacquetta van Luxembourg getrou.

Toe Hendrik V in 1422 sterf, het Bedford met sy jonger broer, Humphrey, Hertog van Gloucester, meegeding om beheer van die koninkryk. Bedford is aangestel as regent van Frankryk, met sy kleinneef wat tegnies die erfgenaam van beide Frankryk en Engeland se troon was. Bedford het die Franse verskeie kere verslaan totdat Johanna van Arkel die opposisie saamgesnoer het. In 1431 het Bedford Johanna in Rouen laat verhoor en teregstel en daarna die kroning van die jong Hendrik VI in Parys gereël. Terwyl hy besig was om oor die Verdrag van Rouen te onderhandel het hy by sy huis gesterf, waarna hy in die Rouen-katedraal begrawe is. Bedford was ook tussen 1422 en 1432 goewerneur in Normandië.

Bedford het 'n belangrike rol gespeel in die skep van geïllustreerde manuskripte, uit beide Parys en Engeland. Die drie belangrikstes wat in opdrag van hom geskep is, is die Bedford-getyboek en Salisbury-brevier, wat albei in Parys uitgegee is, en die Bedford-psalter en -getyboek van ongeveer 1420-'23 in Engels. Al die boeke is ryklik versier en beroemde voorbeelde van die styl van daardie tydperk.

Verwysings

Tags:

138914 September143520 JunieEngelandEngelsFrankrykHendrik IV van EngelandHendrik VI van Engeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sint Pierre en MiquelonKlitorisSpringbokkeAngolese BurgeroorlogEnkelvoudige sinSwangerskapHaasPampoentjiesDieregeluideYsterLys van Afrikaanse televisiereekseSeksueel oordraagbare infeksiePankreasSwartbewussynsbewegingRosa ParksNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaDuitsArmoedeSeisoenEerste WêreldoorlogAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersKrokodilSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieJohn Brown (aktivis)HipoteseIsraelMierleeuKersfeesNylsvley-natuurreservaatDeurgangsriteBreinKaren WesselsEreksieLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaChemiese elementVlekvrye staalGroepsgebiedewetGeestesteuringProvinsies van Suid-AfrikaStedelike hitte-eilandBloeddrukGestremdheidXHTMLFranse RewolusieSuid-Afrikaanse InkomstediensUitwerking van klimaatsveranderingLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMiddeloorontstekingSlawernyLys van Suid-Afrikaanse skrywersBateKeelseerAborsieVoorvoegselBedryfstelsel (inligtingstegnologie)ToerismeWaterstofApostoliese GeloofsbelydenisLys van elemente volgens simboolVanDemokrasieHeks van HexrivierFabelKoorsKoos du PlessisMenslike seksuele gedragWoordsoortLatynSweedsGeografie van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse rolprenteKunsmatige algemene intelligensieRegBysteekSeksismeChemiese verbinding🡆 More