Godsdiens Van Die Faroëreilande

Die grootste Faroëse godsdiens vorm deel van die Evangelies-Lutherse beweging.

Die tweede grootste Protestante beweging is die Open Brethren gemeenskap. Die Faroëreilande is tussen Skotland en Ysland geleë en word deels deur Denemarke beheer. Sodoende het die volk baie lank dieselfde geloof as die Dene beoefen.

Godsdiens Van Die Faroëreilande
Die Porkeri-Kerk

Die Faroëreilande het 'n Katolieke staat omstreeks die jaar 1000 geword. Die land het oorspronklik aan Noorweë behoort, maar val in 1523 onder Deense jurisdiksie. Die laaste Katolieke Biskop van die Faroëreilande was Amundur Olavson; hy is in 1540 vervang deur die eerste Lutherse biskop, Jens Gregorsøn Riber.

Die Færeyinga saga is antieke bewyse wat die leser inlig hoe die land verchristelik het. Die saga vertel hoe die koning van Noorweë vir Sigmund beveel het om per skip na die Faroëreilande te reis, met die opdragte van die koning. Sigmund se opdragte was duidelik: hy moes 18 klein eilandjies kersten, wat hy ook gedoen het, volgens die saga. Hierdie gebeurtenis het waarskynlik rondom 1000 plaasgevind. Die Faroëse het geen georganiseerde Katolieke Kerk voor omstreeks 1100 gestig nie, so dit wil lyk of daar teenstrydighede in die saga kan voorkom.

Die derde grootste godsdiensgroep is die charismatiese beweging.

Vandag vorm die Katolieke kerk 'n bitter klein minderheidsgroep. Daar is ook klein groepies Sewendedagadventiste, Jehovagetuies en Bahá'ís in die land.

Tags:

DenemarkeProtestantismeSkotlandYsland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Eben EtzebethVigsSlag van Cuito CuanavaleLien se lankstaanskoeneBurgerregteAanhalingstekens7de LaanGeestesteuringGroepsgebiedewetRobert SobukweDigitale en analogiese tydMenslike skeletGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaAkuutSeksMenseregteLeestekenOnderhandelinge om apartheid te beëindigSpeelkaartTydBorsteTafelbergDie Stem van Suid-AfrikaDigtheidNiemetaal20ste eeuUniversele Verklaring van MenseregteDesimale breukeGeskiedenis van AfrikaansInternetAfrikaTswanaMonumentMierStollingsgesteenteSikloonGewone breukeTweede VryheidsoorlogRacheltjie de BeerUnited Democratic FrontWerkwoordWeervoorspellingPuntWêreld- Ekonomiese ForumSlimfoonBelastingWoestynNamibiëVrugbaarheidSwart menseBerilliumOntbossingDroomKriekByWaterkringloopEendbekdierKangogrotteEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSuid-SothoDermpoliepDurbanDelft, KaapstadAfvalbestuurJohn Samuel SchlesingerEkonomie van Suid-AfrikaAardedagKersfeesKaapstadse waterkrisis 2015-2018NedersettingGeskiedenis van Suid-AfrikaVisBuffelMaatskaplike verantwoordelikheidWetenskapStruktuur van die Aarde🡆 More