Die Gereformeerde kerk Duineveld is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Noord-Kaapse dorpie Hotazel.
Dit sluit ook die nedersettings Van Zylsrus, Severn en Blackrock in.
Gereformeerde Kerk Duineveld | ||
Sluit in | Blackrock Hotazel McCarthy's Rus Severn Vanzylsrus omliggend plase | |
Klassis | Griekwaland-Wes | |
Huidige predikant(e) | Pierre Cilliers | |
In kombinasie met | Daniëlskuil | |
Belydende lidmate | 21 | |
Dooplidmate | 9 | |
Adres | Sharplaan 2 Hotazel | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1982 | |
Afgestig van | Kuruman | |
Eerste predikant | Dr. S.J. van der Merwe 1982–2008 |
Duineveld het in 1982 afgestig van die Gereformeerde kerk Kuruman. Aan die begin is eredienste om vyfuur Sondagmiddae in die kerkgebou van die NG gemeente Kalahari (gestig in 1984) gehou. Later het die Gereformeerdes in die Samancor-gebou byeengekom, die latere BHP Billiton-klubsaal. Die gemeente het toe ’n erf in Sharplaan, Hotazel, gekoop. Dié erf, met ’n huis daarop is groot genoeg sodat ’n veeldoelige saal daarop gebou kan word.
Eers op 22 Augustus 2010 kon die Gereformeerde kerk Duineveld vir die eerste keer in hul eie plekkie erediens en katkisasie hou. Die gemeente het beplan om, tot die saal voltooi is, eredienste in die huis te hou, en laasgenoemde dan weer in ’n woonhuis te omskep.
In enkele lukrake jare lyk Duineveld se lidmaattal soos volg:
1997 | 2001 | 2011 | 2014 | 2020 | |
---|---|---|---|---|---|
Dooplidmate | 48 | 20 | 13 | 6 | 9 |
Belydende lidmate | 71 | 41 | 45 | 30 | 21 |
Sieletal | 119 | 61 | 58 | 36 | 30 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Duineveld, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.