Gereformeerde Kerk Daniëlskuil

Die Gereformeerde kerk Daniëlskuil is die vyfde oudste van die 15 gemeentes in die GKSA se Klassis Griekwaland-Wes, wat ’n reusedeel van die Noord-Kaap van Kimberley tot Upington beslaan.

In 2015, toe die gemeente 55 belydende en 17 dooplidmate gehad het, was dit die 10de grootste gemeente in die Klassis.

Gereformeerde Kerk
Daniëlskuil
Gereformeerde Kerk Daniëlskuil
Sluit in  Blikfontein
Boetsap
Koopmansfontein
Lime Acres
Owendale
Papkuil
Silwerstreams
Spitskop
Ulco
Klassis  Griekwaland-Wes
Huidige predikant(e)  Pierre Cilliers
In kombinasie met  Duineveld
Belydende lidmate  40
Dooplidmate  11
Adres Parkweg 209
Daniëlskuil
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1949
Eerste predikant  E.W. Meyer 1955–1959
Gereformeerde Kerk Daniëlskuil
Ds. Jan Hendrik Kruger, leraar van die Gereformeerde kerk Postmasburg van 1911 tot 1952. Hy het tussen 1914 en 1949 meer as die helfte van die gemeentes in die huidige (2016) Klassis Griekwaland-Wes gestig, waarvan Daniëlskuil die laaste was en Delportshoop die eerste.

Agtergrond

Die dorpie Daniëlskuil is in 1892 gestig, maar ’n selfstandige Gereformeerde gemeente sou eers meer as vyf dekades later hier tot stand kom, al het Gereformeerde lidmate vroeg reeds binne die gemeentegrense gewoon. Aan die begin was Daniëlskuil net ’n wyk van die Gereformeerde kerk Postmasburg en het ds. J.H. Kruger, Postmasburg se leraar van 1911 tot 1952, die plaaslike lidmate bedien. Destyds moes hy ’n reusagtige gebied bedien waar mettertyd meer as 15 gemeentes ontstaan het en wat in 2015 deur ses predikante bedien is: Buiten Postmasburg het dit ook Kimberley, Delportshoop, Daniëlskuil, Kuruman, Upington, die Kalahari en die eerste helfte van die gebied tussen sy gemeente en Vryburg ingesluit het. Ds. Kruger het meer as die helfte van die gemeentes in die Klassis Griekwaland-Wes gestig. Die eerste was die Gereformeerde kerk Delportshoop in 1914 en die laaste Daniëlskuil in 1949. Dié twee gemeentes was van 1976 tot 2015, toe Delportshoop ontbind het, in kombinasie.

Stigting

Reeds voor 1946 het die verlange na ’n eie gemeente onder die plaaslike Gereformeerdes begin toeneem. In 1949 het die afstigting toe wel plaasgevind toe prof. W.J. Snyman ’n preek en rede gehou het. Destyds het die gemeente 68 belydende en 36 dooplidmate gehad, vergeleke met 61 en 33 in 1960 en 61 en 23 in 1997.

Kerkbou

Aan die begin het lidmate in die stadsaal vir eredienste bymekaargekom, maar selfs nog voor afstigting het die gemeente sy eie kerk laat bou. Klaas van der Walt en maand Booysen was die hoofbouers en lidmate het fluks gehelp. Ds. Kruger het die hoeksteen op 18 Mei 1946 gelê. Aangesien lidmate selfs gehou het, het die koste van die gebou net ’n paar pond beloop.

Predikante

  1. Meyer, Ernst Walter, 1955–1959
  2. Minnaar, Izak Christoffel Johannes, 1959–1966 (in kombinasie met Postmasburg)
  3. Kruger, dr. Markus Petrus, 1968–1975
  4. Venter, Herman Johannes Petrus, 1976–1982 (in kombinasie met Delportshoop)
  5. Du Plessis, dr. Wynand Petrus, 1982–1986 (in kombinasie met Delportshoop)
  6. Bogaards, dr. Arie Hendrik, 1986–2004 (in kombinasie met Delportshoop)
  7. De Bruyn, Paul Jacobus, 2005–2007 (in kombinasie met Delportshoop)
  8. Cilliers, Pierre, 2007–2015 (in kombinasie met Delportshoop; 2015 – hede (selfstandig)

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerk Daniëlskuil AgtergrondGereformeerde Kerk Daniëlskuil StigtingGereformeerde Kerk Daniëlskuil KerkbouGereformeerde Kerk Daniëlskuil PredikanteGereformeerde Kerk Daniëlskuil BronneGereformeerde Kerk Daniëlskuil Sien ookGereformeerde Kerk DaniëlskuilGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKimberleyNoord-KaapUpington

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige algemene intelligensieMielieKunsmatige intelligensieRekenaarGewone breukeDemokrasieLys van elemente volgens simboolDuitsGroepsdrukLys van Suid-Afrikaanse digtersWebjoernaalVulkaanLandbou in Suid-AfrikaC. Louis LeipoldtInternetSeisoenChemiese reaksieYsterSuikersiekteSoutsuurVerkleurmannetjieWoordsoortResensieHorlosieWortelVoornaamwoordMetafoorSlaginstrumentSinkChris HaniWet op Bantoe-onderwysGedigGeografie van Suid-AfrikaFamilie (verwantskap)Wêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSekondêre sektor van die ekonomieVulvaNiersteenVolhoubare ontwikkelingBrittany Ashton HolmesPoësieBurgerregteVlekvrye staalBeroerteBelgiëWoordeboek van die Afrikaanse TaalKappie (skryfteken)GalblaasAustraliëGeweldByAfrikaanse woordelys en spelreëlsAnilingusSteve BikoMenslike seksuele gedragGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondRomanKatoenLKwaZulu-NatalEkostelselSelfoonSeksueel oordraagbare infeksieKookpuntGroot TrekLys van Afrikaanse skrywersIslamitiese StaatJan van RiebeeckNatuurrampTweede Nuwe JaarSinoniemLeestekenYstertydperkOssewaKoue OorlogPapier🡆 More