Dikbeklewerik

Die dikbeklewerik (Galerida magnirostris) is 'n klein sangvoëltjie.

Dit kom in die suidelike dele van Afrika naamlik in Suid-Afrika, Lesotho en die suide van Namibië voor.

Dikbeklewerik
Dikbeklewerik
Namakwa Nasionale Park, Noord-Kaap Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Galerida
Spesie:
G. magnirostris
Binomiale naam
Galerida magnirostris
(Stephens, 1826)

Habitat

Die natuurlike habitat van die dikbeklewerik is fynbos, Karoo en grasveld. Dit word ook in bewerkte en braaklande gevind. Soos ander lewerike bou dit 'n nes op die grond. Voeding is saad en insekte, laasgenoemde veral in die broeiseisoen.

Voorkoms

Die dikbeklewerik is 18 cm in lengte. Dit het 'n relatief kort stert en het 'n dik snawel met 'n geel basis. Dit het 'n gestreepte bruin-grys rugkant en lang wit wenkbroue. Soos ander spesies in die genus het dit 'n kuif wat kan waaier as die voël in gevaar verkeer of sing. Die borskant is roomkleurige met swaar donker strepe op die bors. Die groot tweekleurige snawel onderskei hierdie spesie van alle ander afrikalewerike.

Hierdie baie luidrugtige spesie maak 'n sagte, maar verdraende gekraakte treeeeleeeeleee – soos 'n geroeste hek wat oopgemaak word.

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Tags:

Dikbeklewerik HabitatDikbeklewerik VoorkomsDikbeklewerik Sien ookDikbeklewerik VerwysingsDikbeklewerik BronnelysDikbeklewerik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GalblaasPussy RiotWildehondHelen SuzmanVerlede tydKwikRamsar-vleilande in Suid-AfrikaSmall HandsRugbyApollo 11Neerslag7de LaanJoodse kalenderLidwoordWoordsoortPeach van PletzenHoofpynNederlandSeksualiteitHartaanvalJohannes MeintjesLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierMensKasterolieAanhalingstekensVerkleurmannetjieSteenkool in Suid-AfrikaAtmosfeerNeurenberg-beginselsTafelbergAkademiaNoorweëKorrupsieKwaZulu-NatalOnse VaderSwart nasionalismeVoortrekkermonumentBek-en-klouseerBeroerteAarde se atmosfeerMuishondMIVRuslandWinterCheslin KolbeKoos BekkerAgtervoegselKhoikhoiSamestellende afleidingVrystaatTsoenamiDemokrasieByeboerderyWolmaransstadAnneli van RooyenGeografie van Suid-AfrikaMaatskaplike verantwoordelikheidWitrenosterKlarinetAsemhalingEjakulasieSkoenlapperBernice WestInternetXhosasUitwerking van klimaatsveranderingSuurstofTrekarbeidHomoniemGriepDesimale breukeEnergieBloeddrukKoors🡆 More