Maan Galatea

Galatea (Grieks: Γαλάτεια), ook bekend as Neptune VI, is die vierde naaste maan van Neptunus.

Dit is genoem na een van die 50 Nereïdes in die Griekse mitologie op wie die sikloop Polyphemus vergeefs verlief was.

Galatea   
Maan Galatea
Galatea soos gesien deur Voyager 2 (die verlenging is weens beweging)
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum Julie 1989
Wentelbaaneienskappe
Epog 18 Augustus 1989
Halwe lengteas 61 953 ± 1 km
Wentelperiode 0,42874431 ± 0,00000001 d
Baanhelling 0,052 ± 0,011°
Satelliet van Neptunus
Fisiese eienskappe
Afmetings 204×184×144 km (±~10 km)
Gem. radius 88 ± 4 km
Volume ~2,8×106km³
Massa 2,12 ± 0,08 ×1018 kg
Gem. digtheid ~0,75 g/cm³ (geraam)
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,0021 m/s2
Ontsnapping-
snelheid
~0,0021 km/s
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul
Temperatuur ~51 K (geraam)
Skynmagnitude 21,9
Maan Galatea
Galatea in ’n dowwe ringboog naby Neptunus.

Galatea is laat in Julie 1989 ontdek op foto's deur Voyager 2 en het die voorlopige naam S/1989 N 4 gekry. Die ontdekking (IAUC 4824) is op 2 Augustus 1989 aangekondig, maar net "10 raampies wat oor 5 dae geneem is" word genoem; die ontdekking was dus die een of ander tyd voor 28 Julie. Die maan het op 16 September 1991 die naam Galatea gekry.

Beskrywing

Dit het ’n onreëlmatige vorm en toon geen tekens van geologiese veranderings nie. Dit kan ’n rommelhoop wees wat bestaan uit fragmente van Neptunus se oorspronklike mane, wat opgebreek is tydens versteurings deur die maan Triton kort nadat laasgenoemde in ’n baie eksentrieke oorspronklike wentelbaan vasgevang is.

Galatea se wentelbaan lê onder Neptunus se radius vir sinkroniese wentelbane en dit tol dus langsamerhand na binne vanweë getyvertraging. Dit kan eindelik met die planeet bots of in ’n nuwe planetêre ringstelsel opbreek wanneer dit sy Rochelimiet oorskry vanweë gety-uitrekking.

Dit lyk of Galatea ’n herdersmaan vir Neptunus se Adams-ring 1 000 km buite sy wentelbaan is. 42:43-baanresonansies met Galatea word ook beskou as die waarskynlikste meganisme wat die unieke ringboë in dié ring bymekaarhou. Galatea se massa is geraam na aanleiding van die radiale versteurings wat dit op die ring uitoefen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

GrieksGriekse mitologieNatuurlike satellietNeptunusNereïde

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MantisMadison IvyRacheltjie de BeerGalileo GalileiHoek (meetkunde)AfrikaansEngels2001PretoriaWiskundige terminologieGroot TrekKonsonantEreksieOmgewingsbeheerToerismeSlag van BloedrivierPerdNaaldekokerHoutVoorsetselPaddaSokkerLys van bekende Suid-AfrikanersLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLewerPokkeDikdermSoortnaamOu Apostoliese KerkHanoverStollingsgesteenteKrieketApostelMierEkonomie van Suid-AfrikaGeskiedenis van erotiese afbeeldingsHondsdolheidAalwynKoorsVoegwoordConsolidated B-24 LiberatorHeupvervangingRooikatBrandMasjienNatuurlike hulpbronWielUnited Africans TransformationPlatoBeaufortskaalDirekte en Indirekte redeVennootskapSportMediaWikiDieregeluideCleopatra VIIDie Stem van Suid-AfrikaVryheid van spraakSosiale mediaTekstielMaatskappyHamilton WesselsDuitse maselsMiltDemokratiese AlliansieIndustriële RevolusieAlfabetDoziLys van Afrikaanse televisiereekseSjibboletVergelykings (taalkunde)Wilna SnymanKewer🡆 More