Doeblet

'n Doeblet (ook dubbelvorm of tweelingwoorde genoem) in etimologie is die benaming vir 'n groep van twee of meer woorde in dieselfde taal met verskillende vorme en oor die algemeen ook subtiele verskillende betekenisse, maar met 'n gemeenskaplike oorsprong.

Byvoorbeeld: tabak en twak.

Lede van 'n doeblet is dus altyd kognate (woorde met 'n gemene oorsprong). Die betekenis van die afsonderlike lede van 'n doeblet hou oor die algemeen met mekaar verband, en kan teruggevoer word na 'n gemeenskaplike etimologiese wortel.

Lede van 'n doeblet kan almal erfwoorde wees, maar hulle kan ook op ander maniere in die taal opgeneem word. So kan die een woord byvoorbeeld 'n regstreekse erfwoord wees, terwyl die ander 'n aanpassing van dieselfde grondwoord is waaruit die eerste ontstaan het, en daarmee in werklikheid 'n leenwoord is.

Voorbeelde

  • aartappel en ertappel
  • daarom en darem
  • hartelik en hartlik
  • vroue en vrouens
  • teenpraat en teëpraat
  • twak en tabak

Verskille in gebruik

Verskillende subtiele onderskeidings in gebruik van doeblette kan waargeneem word. Kyk byvoorbeeld na die volgende:

Betekenisverskille

  • Jan is siek, daarom bly hy tuis.
  • Jan is darem 'n gawe seun.

Plaaslike of groepsverskille

  • aartappel en ertappel.
  • laagte of leegte.
  • agt of ag.
  • nege of neë.

Verskille van gevoelswaarde

  • vlees: Die gees is gewillig, maar die vlees is swak. (In hierdie geval rym vlees met gees, en dit is bowendien ook 'n meer deftige woord).
  • vleis: Die man koop 'n kilogram vleis.

Funksieverskille

Byvoorbeeld die gebruik van daarom as 'n bindwoord teenoor darem as 'n bywoord.

Letterlike en figuurlike gebruik

  1. grys: Sy dra 'n grys trui.
  2. gryse: Dit het in die gryse verlede gebeur.
  1. geslypte: Die geslypte mes is baie skerp.
  2. geslepe: Jan is 'n geslepe karnalie.

Verwysings

Tags:

Doeblet VoorbeeldeDoeblet Verskille in gebruikDoeblet VerwysingsDoebletEtimologieTaalWoord

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EkologieKernkragN.P. van Wyk LouwKopieregGemeenskapsorganisasieGeskiedenis van AfrikaansOligopolieVoëlKlem-in-die-kaakDigvormNiemetaalSterGriepDurbanMarie AntoinetteNic de JagerSonja HerholdtStaat PalestinaDepressie (gemoedstoestand)Aborsie in Suid-AfrikaAustraliëTsongaMenslike seksuele gedragVaginale kankerArabiesMusiekDuitsDataverwerkingKolonoskopieOranjerivierLeeuElandréEllipstekenSwawelBestaansboerderyLys van Afrikaanse skrywersRooms-Katolieke KerkBosluisbytkoorsKlimaatDachshundMigrasie van voëlsVrugbaarheidKalenderRookgewoonteDemi Lee MooreLys van Suider-Afrikaanse soogdiereLetterkundeDermpoliepVlag van Suid-AfrikaNasionale lied van Suid-AfrikaSelfieOogproblemeIslamMaselsPerdKriekSimboolMetafoorXhosaMangelGeelslangC.J. LangenhovenTrevor NasserKoorsblaarJan van RiebeeckHematurieTrappe van vergelykingRuan PienaarShanzhaiGevolge van aardverwarming op oseaneStedelike gebiedOmgewingskwessies in Suider-AfrikaOorstromingWoordeboek van die Afrikaanse Taal🡆 More