Cor Van Gogh: Nederlandse immigrant na Suid-Afrika, kunstenaar en Boerekryger tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Cornelis Vincent (Cor) van Gogh (* 17 Mei 1867, Zundert - † 14 April 1900, Brandfort) was ’n Nederlandse immigrant na Suid-Afrika, kunstenaar en Boerekryger tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Cor Van Gogh: Jeug, Immigrasie en werk, Oorlog en afsterwe
Cor van Gogh

Jeug

Van Gogh, jongste broer van die bekende skilder Vincent het in ’n pastorie in Zundert grootgeword. In 1871 het hy saam met sy ouers en suster Wilhelmina (die ander kinders was reeds volwasse) na Etten verhuis waarheen sy vader beroep is. Hy het daar skoolgegaan.

Immigrasie en werk

In 1889 het hy op 22-jarige ouderdom uit Nederland na die Zuid-Afrikaansche Republiek geïmmigreer as deel van ’n klein groep immigrante wat ’n beter toekoms in Afrika gesoek het. Nadat hy aanvanklik naby Germiston op ’n myn gewerk het, het hy by die NZASM aangesluit waar hy as tekenaar gewerk het.

Oorlog en afsterwe

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het hy aan die kant van die Boere geveg en is in Maart 1900 deur die Britse magte gevangene geneem. As krygsgevangene het hy baie siek geword en is hy oorgeplaas na ’n militêre hospitaal by Brandfort in die Oranje-Vrystaat waar hy op 14 April 1900 gesterf het. Die Transvaalse afdeling van die Rooi Kruis het verklaar dat hy homself per ongeluk geskiet het maar daar word gemeen dat hy soos sy beroemde broer selfmoord gepleeg het.

Toneelstuk en film

In 2006 is ’n Afrikaanse toneelstuk in die Gentse Teater, Tinnenpot, onder regie van Daleen Krige ’n toneelstuk opgevoer onder die titel Moe Nie Huil nie, moe nie treur nie. In die rolprent Vincent & Theo word die rol van Cor vertolk deur die akteur Jim de Groot.

Verwysings

Bibliografie

  • Ploeger, Jan: Cornelis Vincent van Gogh in Transvaal. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis, Kuns en Kultuur. Jaargang 31, nr. 1, Desember 1981

Tags:

Cor Van Gogh JeugCor Van Gogh Immigrasie en werkCor Van Gogh Oorlog en afsterweCor Van Gogh Toneelstuk en filmCor Van Gogh VerwysingsCor Van Gogh BibliografieCor Van Gogh14 April17 Mei18671900BrandfortTweede Vryheidsoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PinksterRenaissanceTrevor NasserWikimedia-stigtingJohnny RapidLys van medisinale kruieThys die BosveldklongBraaiOlifantBeëdigde verklaringGautengDeon GrootAfrikaanse naguilPad na jou hartEkonomieKoorsAntjie SomersWinterJode in Suid-AfrikaSowjetunieBruce FordyceSpysverteringstelselLys van Suid-Afrikaanse skrywersIngrid JonkerProteaStereotipeTrappe van vergelykingGeslagsgelykheidJan van RiebeeckOntdekking van goud in Suid-AfrikaSkoolKaapstadse waterkrisis 2015-2018SelfieVlekvrye staalDarwinismeLys van Suid-Afrikaanse musikanteSmaakLeestekenApartheidJeugdagWes-KaapEiffeltoringGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaIsraelLugbesoedelingSkildklierSuikersiekteBesoedelingDigitale en analogiese tydSwangerskapKlereBloemfonteinBreinvliesontstekingVolhoubare ontwikkelingToekoms van die AardeVoortrekkersMaselsNatuurrampMenslike seksuele gedragDrinkwatervoorsieningRussiese inval in Oekraïne sedert 2022NatuurKopieregWaterbesoedelingStaat PalestinaYsterSwawelKolonoskopieKlimaatveranderingDeelwoordDierSosiale mediaApostoliese GeloofsendingDurbanLika BerningMetaal🡆 More