Chroesjtsjofka (Russies: хрущёвка) is 'n term uit die Russiese omgangstaal wat in Rusland en ander opvolgerlande van die Sowjetunie gebruik word om na 'n tipiese woonstelblok met vyf verdiepings te verwys wat hoofsaaklik in die 1960's en 1970's van voorafvervaardigde sementpanele gebou is en gewoonlik binne vyftien dae voltooi kon word.
Hierdie woonstelblokke met huurwoonstelle is oorspronklik deur die Sowjet-Russiese party- en regeringsleier Nikita Chroesjtsjof (van wie die term afgelei is) goedgekeur en in groot getalle in stedelike nedersettings opgerig om die heersende woningnood op 'n maklike en goedkoop manier te verlig. Aangesien bekostigbaarheid belangriker was as woongerief (daar is oorspronklik geen voorsiening gemaak vir balkonne nie, en in die klein kombuise was daar gewoonlik nie eens plek vir 'n koelkas nie), is na die geboue dikwels as Chroesjtsjoba (хрущоба) verwys - 'n kofferwoord wat uit Хрущёв ("Chroesjtsjof") en трущоба ("troesjtsjoba" of "krotbuurt") gevorm is.
Wiki Commons bevat media in verband met Chroesjtsjofka. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Chroesjtsjofka, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.