Central Park: Wiki dubbelsinnigheidsblad

Central Park is 'n openbare park in die hartjie van Manhattan in New York Stad.

    Hierdie artikel handel oor die park in Manhattan. Vir die gebou in Perth, sien Central Park (gebou).
Central Park: Wikimedia dubbelsinnigheidsblad Central Park: Wikimedia dubbelsinnigheidsblad
Central Park in die middel van Manhattan.

Dit bevat onder andere damme, 'n kasteel, ’n dieretuin, konsertverhoog en opelugteater, waar Shakespeare-dramas in die somer opgevoer word. Ongeveer 35 miljoen mense besoek die park jaarliks, wat dit die mees besoekte park in die VSA maak.

Central Park: Wikimedia dubbelsinnigheidsblad
Central Park in New York Stad (suidwaarts, vanaf die middel van die park tot by die Empire State-gebou aan die bokant.

Die langwerpige park strek oor 4 kilometer van 59ste tot 110de Straat en het 'n totale oppervlakte van 341 hektaar. Dit het 16 jaar geneem om die park aan te lê, waartydens nagenoeg 500 000 bome en plante geplant is. In 1965 is die park amptelik as 'n historiese monument en in 1974 as 'n stedelike monument verklaar. Die park word deur die Central Park Conservancy, 'n organisasie sonder winsoogmerk, in samewerking met die New York Stad se Department of Parks and Recreation, bestuur.

Die park is deur Frederick Law Olmsted en Calvert Vaux ontwerp. Hoewel dele van die park natuurlik lyk, is dit volledig deur mensehande aangelê. Dit bevat verskeie ontwerpte mere, 'n uitgebreide net van wandelpaaie, twee ysskaatsbane, 'n roeidam, 'n dierebegraafplaas, oop grasgebiede (wat vir die beoefening van verskillende sporte en ligte weiding benut word) en talle speelruimtes. Die park is 'n veelbesoekte rusplek vir trekvoëls en daarom ook gewild onder voëlkykers. Die 10 kilometer pad om die park is gewild onder drawwers, fietsryers en skaatsplankryers, veral oor naweke en na 19:00 saans, as die motorverkeer uit die park verban word.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

73°58′3″W / 40.77889°N 73.96750°W / 40.77889; -73.96750

Tags:

DamDieretuinKasteelManhattanNew York StadShakespeareVSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AnglisismeHeupKaapse VlakteWiskundeVrouSkerpioenTafelbergSkoenlapperSanskritKrieketLys van medisinale kruieGalblaasDrinkwatervoorsieningBronsKlitorisStruktuur van die AardeHerfsWikipediaMaatskaplike verantwoordelikheidKommunismeMonopolieSuider-AfrikaHector PietersonVolstruisJavaScriptMaanKalsiumPretoria24 AprilJohannesburgSelfoonDwelmmiddelNetbalSeisoenCristiano RonaldoHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalGroot GatIngrid JonkerGeldApartheidGriekse teaterTrekarbeidAB de VilliersGenitale vratNiemetaalTierMorfologie (taalkunde)DroomGemeenskapSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMigrasie van diereGesonde dieetYsterSportVisLys van veltoestandeGroepsgebiedewetDemokrasieSelfmoordJohn Brown (aktivis)E-posWêreld- Ekonomiese ForumLionel PetersonWinterDuitslandEnsiklopedieDataverwerkingWortelKopieregHerpes simplexDialoog in fiksieBorsteEendbekdierMenseregteByMag (sosiale wetenskappe)Grondwet van Suid-AfrikaWatersuiwering🡆 More