Bouillon is 'n stad in die Belgiese provinsie Luxemburg (Wallonië), sowat 153 kilometer suidoos van Brussel, met 'n oppervlakte van 149,09 km² en sowat 5 000 inwoners (2011).
Bouillon | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Bouillon - die stad en die burg | |
Ligging van Bouillon in die provinsie Luxemburg | |
Koördinate: 49°48′00″N 5°04′00″O / 49.80000°N 5.06667°O 5°04′00″O / 49.80000°N 5.06667°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Wallonië |
Provinsie | Luxemburg |
Regering | |
• Burgemeester | André Defat (ACTION) |
Oppervlak | |
• Totaal | 149,09 km2 (57,56 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 464 |
• Digtheid | 37/km2 (100/vk. myl) |
Poskode | 6830-34, 6836, 6838 |
Skakelkodes | 061 |
Webwerf | www.bouillon.be |
Die stad lê in die vallei van die Semoisrivier, te midde van die bosgebied van die Ardenne-gebergte. Danksy die strategiese ligging by die handelsweg tussen die Duitse Eifelgebied en die Franse Champagne het Bouillon in die Middeleeue 'n belangrike rol gespeel.
Die bekendste boorling van die stad is Godfried van Bouillon, 'n deelnemer van die Eerste Kruistog, wat hier sy burg laat oprig het. Die indrukwekkende gebou bo-oor die vallei is die oudste Belgiese monument uit die tydperk van die feodalisme en 'n goeie voorbeeld vir die beskerming en tegelykertyd oorheersing van 'n bepaalde streek vanuit 'n strategies geleë burg.
Die historiese monumente en die natuurskoon van die omgewing maak van Bouillon 'n gewilde toeristebestemming.
Wiki Commons bevat media in verband met Bouillon. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Bouillon, België, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.