Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747

Die Boeing 747-8 is die grootste weergawe van die Boeing 747 en die grootste kommersiële passasiersvliegtuig wat in Amerika gebou word, van vergelykbare grootte (sien skets ondertoe) met die Europese Airbus A380 wat in Oktober 2007 in gebruik geneem is.

Die 747-8 het die Boeing 747-400 vervang in 2011.

Boeing 747-8
Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747
Boeing 747-8F se nooiensvlug op 8 Februarie 2010
Tipe Wyeromp-stralervliegtuig
Vervaardiger Boeing Commercial Airplanes
Nooiensvlug 747-8F: 8 Februarie 2010
747-8I: 20 Maart 2011
Vrygestel 747-8F: 12 Oktober 2011 met Cargolux
747-8I: 1 Junie 2012 met Lufthansa
Status In diens
Hoofgebruikers Cathay Pacific Cargo
Atlas Air
Cargolux Airlines
Lufthansa
Vervaardig 2008-tans
Aantal gebou 104 afgelewer tot Junie 2016
Eenheidskoste 747-8F: VS$ 378.5 miljoen (2015)
747-8I: VS$ 379.1 miljoen
Ontwikkel van Boeing 747
Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747
Die prototipe 747-8F gedurende 'n toetsvlug
Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747
Vergelyking tussen die Boeing 747-8 (blou) en ander groot vliegtuie
Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747
Cargolux 747-8F N5573S vlieg oor Fresno

Verkoopsvooruitsigte

Die onlangse resessie in die VSA, tesame met die marktraagheid in Europa en Asië, het gelei tot 'n afname in die vraag na vragvliegtuie aangesien meer verskepings nou per see onderneem word. Die wêreld se lugvragvloot was kleiner in 2012 as wat dit was in 2003, maar die verhouding van baie groot vragvliegtuie in daardie vlote het toegeneem, en die dominante posisie van Boeing se groot, brandstofdoeltreffende vragtuie het die maatskappy 'n geleentheid gebied om sy markaandeel te behou en sy produksielyn te beskerm ten spyte van die swak mark.

Die vraag bestaan hoofsaaklik na die 747-8F, wat die meeste bestellings ontvang. Die groot kapasiteit van die 747-8 is 'n voordeel vir die vragtuigweergawe, maar nie soseer die passasiersweergawe nie. Verder het die vragtuig geen direkte mededinger nie.

Lugrederye soos Emirates en British Airways het dit aanvanklik oorweeg om die passasiersweergawe te bestel, maar het later besluit om eerder die Airbus A380 aan te koop. Op die Paryse Lugskou in 2013 het Korean Air ingestem om vyf 747-8 passasiersweergawes te bestel, bykomend tot die vyf reeds bestel in 2009.

Boeing 747-8: Wyerompvliegtuig, die huidige produksie-reeks van die 747 
Uitleg van die Boeing 747-8 se vlugkajuit.

Algehele vraag na die 747-8 is benede Boeing se aanvanklike projeksies, wat gelei het tot 'n verlaging in produksietempo. Produksie was aanvanklik verminder van 2 tot 1,75 vliegtuie per maand in April 2013; tot 1,5 vliegtuie per maand in Oktober 2013 en in Januarie 2016 het Boeing bevestig dat hul 747-8 produksie sal verminder tot 0,5 per maand in September 2016. Die hoofrede is die swak herstel in die lugvragmark, wat gelei het tot verlaagde vraag na die 747 vragtuig.

Die Boeing 747-8I is bedoel om 'n nis tussen die Airbus A380 en die Boeing 777-300ER te vul, maar die vooruitsigte vir die 747-8I blyk beperk te wees. Rederye het die oorspronklike 747 in die eerste plek vir sy reikafstand, en nie sy kapasiteit nie, aangekoop. Met die koms van die langafstandtweemotorige vliegtuie is die 747 se reikafstandvoordeel uitgewis, veral deur Boeing se eie 777. In vergelyking met die 747-8I, is die komende 777-9X "mini jumbo jet" geprojekteer om 'n laer brandstofkoste per sitplekmyl te hê en 'n groter vragkapasiteit, al het dit 'n laer kapasiteit vir passasiers en 'n hoër pryskaartjie; gevolglik behaal die 777-9X meer bestellings as die 747-8I, veral weens sy goeie brandstofdoeltreffendheid. Die Airbus A380 is as meer suksesvol bewys aangesien dit 'n geheel nuwe ontwerp is, terwyl die 747-8 se afkoms reeds 40 jaar oud is. Ontleders voorspel nie blink vooruitsigte vir meeste baie groot vliegtuie (met meer as 400 sitplekke) nie. Bestellings het dus afgeplat in die 2010's, aangesien daar wyeromptweelingstralers is met dieselfde reikafstand, wat meer brandstofdoeltreffend is en meer buigsaam is teen 'n veel laer aankoopkoste as die 747-8

Op die oomblik is Lufthansa die enigste lugredery wat beide die 747-8I en A380 bedryf.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Airbus A380Boeing 747-400VSA

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

3D-rolprentBedryfstelsel (inligtingstegnologie)SeekoeiSendelingposisieTydJode in Suid-AfrikaStadGroepsgebiedewetSwangerskapSlawernySewe doodsondesMaanNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLeonardo da VinciAnale seksMosesBlaarAlliterasieBokmakierieWiskundige terminologieAdolf HitlerDiplopodaPersoon (taalkunde)WoestynBuffelSuid-Afrikaanse GrensoorlogJohannesburgSeekatDundermVolhoubaarheidKlimaatsverandering in AfrikaGenadedoodArabiesMynbouOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGeprosesseerde kosHeks van HexrivierGeelhoutKersfeesWaarheid-en-versoeningskommissieVolhoubare ontwikkelingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaChristeneAardeAuschwitz-konsentrasiekampGrondEiffeltoringFinale OplossingAfkortingVarkBek-en-klouseerSpringbokTekstielMeningsverskil oor aardverwarmingKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMikroskoopGeskiedenis (vakgebied)Nuwe TestamentFietsMIVEjakulasieProteaRina HugoAnusVersamelnaamMierleeuJeugdagCheslin KolbeNaaldekokerAgtergrond (narratief)HuisvliegKoperOngeprosesseerde kosVoorsetselHartaanval🡆 More