Bethulie

Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), van wie 514 (24,5%) wit was.

Bethulie
Bethulie is in Vrystaat
Bethulie
Bethulie
Koördinate: 30°29′50″S 25°58′23″O / 30.49722°S 25.97306°O / -30.49722; 25.97306 25°58′23″O / 30.49722°S 25.97306°O / -30.49722; 25.97306
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistriksmunisipaliteitXhariep
Plaaslike MunisipaliteitKopanong
Stigting1829
Oppervlak
 • Totaal37 km2 (14 vk. myl)
Hoogte
1 282 m (4 206 ft)
Bevolking
 • Totaal6 497
 • Digtheid180/km2 (500/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
9992
Bethulie
Bethulie se NG kerkgebou in 2012.
Bethulie
Bethulie se Gereformeerde kerkgebou, ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk. Die hoeksteen is gelê op 16 Februarie 1924.
Bethulie
Bethulie in die laatrepublikeinse tydperk, omstreeks 1895.
Bethulie
Die Hoërskool Pellissier op Bethulie is so genoem ter ere van die Franse sendeling Jean Pellissier.

Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteure van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die Suid-Afrikaanse akteur Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.

Bethulie
D.H. Steynbrug naby Bethulie

Besienswaardighede

  • Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de-eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
  • Die D.H. Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
  • Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.

Sien ook

Nota: Afstande per pad gemeet

Verwysings

Tags:

BloemfonteinSuid-AfrikaanseVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Letterlike en figuurlike taalgebruikGetalJode in Suid-AfrikaMiddelmisbruikFluoorMarsOrale seksAborsiePoësieGeldGroepsgebiedewetVerkleurmannetjieMahatma GandhiStruktuur van die AardeHulpwerkwoordAppelGasAfrikaanse TaalmonumentDuitsGautengNasiebouTemperatuurAardedagHondPlastiekLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKindersiektesSteenkoolSekondêre sektor van die ekonomieKindermishandelingDigtheidWillie JoubertAkkedisAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidMusieksimboleByvoeglike naamwoordKarakteriseringMickey MuisMorfeemHoedMenslike seksuele gedragBiodiversiteitProteaCremonaNiemetaalAngina pectorisKunsmatige intelligensieKolonoskopieEkonomiese sektorNatuurSias ReineckeKlem-in-die-kaakOnse VaderToringSeksualiteitNederduitse Gereformeerde KerkBywoordLys van Joodse feeste en herdenkingsHokkieGloeilampSaartjie BaartmanWet op Bantoe-onderwysResensieAfrikaanse WikipediaHeupSwemSpeelkaartWikipediaVerkoueJohannesburgAkroniemRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Hage GeingobBorstePussy RiotLeeu🡆 More