Baälsamin: Mesopotamiese god

Baälsamin, Baal Sjamin of Baäl Sjamin (Aramees: ܒܥܠ ܫܡܝܢ), letterlik god van die hemel, is ’n Semitiese godheid en ’n titel wat aan verskeie gode toegeken is, veral in Kanaän/Fenisië en Sirië.

Die titel is meestal gebruik vir Hadad, wat dikwels ook net Baäl genoem is. Baälsamin was een van die twee oppergode en die luggod van Palmyra in Antieke Sirië (die ander hoofgod was Bel).

Baälsamin: Mesopotamiese god
Aglibol, Baälsamin en Malakbel (1ste eeu; ontdek naby Palmyra, Sirië.

Kultus

Baälsamin se simbole was die weerligstraal en die arend, en hy het waarskynlik ’n triade gevorm met die maangod, Aglibol, en die songod, Malakbel. Volgens inskripsies het die kultus van Baälsamin in Tirus voortgeduur van Esarhaddon se tyd tot aan die einde van die 1ste millennium v.C.

In sommige tekste word hy gelykgestel aan Uranos, die Griekse luggod, of aan Zeus, die Griekse hoofgod.

Daar was ’n bekende, goed bewaarde tempel vir Baälsamin in Palmyra, wat die ekstremistiese militante groep Islamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) in Julie of Augustus 2015 verwoes het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

ArameesBaälFenisiëGodheidHadadKanaänPalmyraSirië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KatjieVratSeeroofdiereProstaatkankerKatolieke Universiteit LeuvenVerkouePersOorstromingNeurenberg-verhoreBiodiversiteitGroot Muur van ChinaAfrikaanse-bosluiskoorsHeuningTaalPeter Nguyen Van HungPoësieLys van Afrikaanse rolprenteEjakulasieStresSiya KolisiGesondheidBernice WestHuurkoopDriedimensioneelBywoordKarooSkilpadPersoonlike voornaamwoordMahatma GandhiAlkoholismeGroenteLetterlike en figuurlike taalgebruikKoperGeestesteuringLys van Suid-Afrikaanse musikanteCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaLydia WinchesterWet op BevolkingsregistrasieSteve BikoKremetartReënErfenisdag (Suid-Afrika)InternetVraag en aanbodMarsMetafoorVormBeeldspraakKatVolhoubaarheidKrampErfenisSonnestelselSlag van Cuito CuanavaleOlimpiese SpeleVryheidsmanifesGeletterdheidVerkleinwoordGevolge van aardverwarming op oseaneKwosiëntKlimaatveranderingHoutSonenergieKarakteriseringAlbertina SisuluErosietipesDigvormKoedoeNoord-KaapTaipeiMasturbasieVersoeningsdagResensieVrystaat🡆 More