Groot-Pikkewyne

Die groot-pikkewyne (Aptenodytes) is 'n voëlgenus in die familie van pikkewyne (Spheniscidae).

Die wetenskaplike naam Aptenodytes is afgelei uit Grieks en beteken "vluglose duiker".

Aptenodytes
Tydperk: Sedert Plioseen
Groot-Pikkewyne
A. forsteri
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Aptenodytes

Miller,JF, 1778
Spesies
Groot-Pikkewyne
Verspreiding van groot-pikkewyne:

██ Aptenodytes forsteri
██ Aptenodytes patagonicus patagonicus
██ Aptenodytes patagonicus halli
██ Aptenodytes ridgeni †
██ Broeiplekke

Die pikkewyne wat aan die genus groot-pikkewyne behoort, is waarskynlik die bekendste pikkewyne onder die algemene publiek. Hulle swart en wit verekleed met geel-oranje nekmerke is so bekend dat hulle wêreldwyd die "tipiese" voorstelling van pikkewyne verteenwoordig.

In werklikheid is pikkewyne in dié genus egter ver van wat miskien as die grondplan vir 'n pikkewyn gesien kan word. Die twee pikkewyne is baie groter en swaarder as die res van die pikkewyne. Verder is hulle die enigste pikkewyne wat geen neste bou nie, maar hulle eiers op hulle voete uitbroei.

Spesies

Slegs twee van die 18 pikkewynspesies word in die genus Aptenodytes saamgevat. Dit is die keiserpikkewyn (Aptenodytes forsteri) en die effens kleiner koningpikkewyn (Aptenodytes patagonicus).

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PaasfeesIhramCarles PuigdemontAngolese BurgeroorlogKennisLiefdeKlimaatsverandering in Suid-AfrikaCleopatra VIIAvbobThys die BosveldklongHeuningbyChirurgieByvoeglike naamwoordKrampConsolidated B-24 LiberatorRoesMynbouLeeuNoord-KaapJode in Suid-AfrikaVlinderGesagEkonomie van Suid-AfrikaMaanCovid-19-pandemieBruin menseRina HugoNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyBloeddrukJacques LootsGeslagsgelykheidTrekklavierOorSterrekundeHamilton WesselsEid-oel-FiterErfenisdag (Suid-Afrika)BloedvergiftigingBipolêre gemoedsteuringBlourokkeKunsmatige intelligensieVierkantswortelWêreld- Ekonomiese ForumAfkappingstekenPuberteitKlem-in-die-kaakVerkoueChatGPTDepressie (gemoedstoestand)DuitsZambiëKrieketBlaar1 HenogBernice WestBywoordWaterpokkiesDonkieFotosinteseMaroela MediaKoekie (rekenaarwetenskap)HoenderGriekwa-AfrikaansMenseregteAfkortingDroogteBoelieryKeelseer🡆 More